Spreuke – eenjaarleesplanSample
Spreuke kontrasteer in vers 9 weereens die regverdiges met die goddeloses. In die oorspronklike teks staan daar letterlik: "die lig van regverdiges brand helder". 'n Mens kan dit ook so vertaal: "straal vreugde uit". Daarteenoor: "die lamp van goddeloses word uitgedoof".
Regverdiges (ṣaddîqim) is Bybels gesproke mense wie se gedrag aan die eise van die wet voldoen (Psalm 1:2). Goddeloses (rĕšāʿîm) is mense wat die wet oortree (Psalm 1:1).
In die Nuwe Testament het Jesus die eise van die wet namens ons nagekom sodat elkeen wat in Hom glo regverdig verklaar kan word (Romeine 1:17). God se toorn bly egter oor dié wat in goddeloosheid en ongeregtigheid volhard (Romeine 1:18).
Dieselfde kontras kom voor in vers 10 tussen mense wat hulself verhef (arrogante, vermetelde mense wat minagting vir die menings van ander het) en mense wat na raad luister. Selfverheffing lei tot rusies. Gewilligheid om te leer, lei tot wysheid.
Scripture
About this Plan
Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More