YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 112 OF 365

Spreuke gee vir ons hier vier waarhede waarin telkens 'n belofte opgesluit lê.

Vers 20 beskryf die invloed van wyse en dwase vriende. As jy tyd deurbring met wyse mense, kry jy self wysheid. As jy tyd deurbring met dwase mense, raak jy self sleg (Psalm 1).

Vers 21 verpersoonlik die kwade en die goeie. Die algemene waarheid is dat teenspoed (onheil, swaarkry) die sondaars agtervolg en voorspoed die regverdiges. Veral as 'n mens die einde van hulle lewens as maatstaf neem (Psalm 73). 'n Mens moet net nie probeer om die waarheid om te keer en uit die swaarkry en voorspoed wat mense beleef, af te lei of hulle sondig leef of regverdig is nie. Dit was die probleem met Job se vriende. Hulle het uit Job se swaarkry verkeerdelik afgelei dat hy sondig is, terwyl Job se swaarkry 'n toets was of hy aan God gehoorsaam sal bly, selfs al kry hy swaar.

Vers 22 borduur voort op die nalatenskap van 'n goeie mens en 'n sondaar. 'n Goeie mens laat 'n erfenis na vir sy kleinkinders. Maar selfs die besittings van 'n sondaar kom in die hande van die regverdige.

Vers 23 verkondig die waarheid dat in 'n land waar reg en geregtigheid heers, almal, ook die armes, genoeg kos sal hê om te eet. Die woord wat vir "grond" gebruik word, dui op 'n braakland, 'n land wat nuut omgeploeg is. Die belofte is dat dit sy oes sal lewer indien die gemeenskap God dien (Jeremia 4:3; Hosea 10:12 sowel as die gelykenis van die saaier in Matteus 13).

Day 111Day 113

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More