YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 111 OF 365

Spreuke kontrasteer in vers 17 twee soorte boodskappers. ’n Goddelose, onbetroubare een met ’n betroubare een. Die onbetroubare een steur hom of haar nie aan die inhoud van die boodskap nie, en kom daarom self in die moeilikheid. Die betroubare een bring egter genesing vir dié wat daarna luister. Vers 18 kontrasteer verskillende houdings oor leerbaarheid. Die een wat teregwysing verwerp, loop die gevaar van armoede en skande. Die een wat teregwysing aanvaar, word geëer. Leerbaarheid is dus die verskil tussen iemand wat gesag afdwing en iemand wat voete van klei het. Vers 19 fokus op nog ’n kant van begeertes wat alreeds in vers 12 uitgelig is. Vervulde begeertes is soet vir die siel. Die kontras met die dwase impliseer natuurlik “goeie” begeertes. Die teendeel is waar vir die dwase. Hulle geniet goddeloosheid en kry dit nie reg om daarvan af te wyk nie.

Day 110Day 112

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More