YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 110 OF 365

Vers 15 se eerste deel is maklik om te vertaal: “Goeie insig bring goedgesindheid.” Die tweede deel is nie so maklik nie. Die 1983-vertaling is ’n goeie keuse op grond van die LXX, die Griekse vertaling van die Ou Testament: “Die pad van ontroues lei tot vernietiging.” Dit sou ook weergegee kan word as: “Die pad van ontroues hou nie stand nie.” Vers 16 kontrasteer die karakter van ’n verstandige mens met dié van ’n dwaas. Die verstandige se dade spreek van deurleefde kennis en oorleg. Die dwaas begaan een sotheid na die ander. “Dwase mense verkondig hulle dwaasheid aan die wêreld” (NLV).

Day 109Day 111

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More