Spreuke – eenjaarleesplanSample
Welvaart is verbind aan die waardering van wyse woorde. Dit is die oorhoofse tema van Spreuke 13. Vers 1 kontrasteer die wyse met die ligsinnige. Die wyse aanvaar teregwysing. Die ligsinnige luister nie eers daarna nie. Die ligsinnige is egter nie ’n grapjas of selfs iemand wat net oppervlakkig is nie. Die Hebreeuse woord "lîṣ" dui eintlik ’n "spotter" aan. In Engels word die woord vertaal met "scorner", "scoffer" of "mocker".
Dit dui dus op iemand wat met geen respek praat van ander en wat vir hulle belangrik is nie; wat spot met wat vir ander heilig is; wat wysheid op ’n arrogante, siniese manier minag. Jy kan die woord vertaal met respeklose, minagter, arrogante, sinikus en so meer. Dit sien ’n mens in die lig dat hulle geen waardering vir wyse woorde het nie, ook nie dié van teregwysing nie.
Scripture
About this Plan
Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More