Spreuke – eenjaarleesplanSample
Spreuke kontrasteer die regverdige en die goddelose. Die regverdige haat leuens, terwyl die goddelose homself gehaat maak deur sy skandelike en veragtelike optrede. Trouens, die oorspronklike vertaling sê die goddelose se gedrag "stink skandelik". Die stank kleef aan alles en almal. Die verskil lê in die gehoorsaamheid aan God se standaard, al dan nie. Die regverdige se integriteit word deur geregtigheid beskerm. Die goddelose gaan ten gronde weens sy sonde.
Scripture
About this Plan
Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More