YouVersion Logo
Search Icon

Vertrou God Te Midde Van SwaarkrySample

Vertrou God Te Midde Van Swaarkry

DAY 21 OF 29

Lees: Romeine 8:18–39

SOAP: Romeine 8:38–39

Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.

Oordenking

Ons het geleer dat weeklaag 'n gebruik is. Dit is ‘n manier om ons harte in seisoene van hartseer en verlies teenoor God uit te druk. Dikwels kan hierdie seisoene só lank, só donker of só swaar lyk dat ons voel asof ons dalk nooit daardeur sal kom nie.

Paulus se woorde in Romeine herinner ons daaraan dat absoluut niks ons van God se liefde kan skei nie. Ongeag hoe ons voel, sy liefde verander nooit nie. Hy verander nooit nie. Wanneer ons omstandighede onvoorspelbaar is, wanneer ons so verlore voel in wanhoop, verander Hy nooit nie en sy liefde vir ons hou nooit op nie.

Die praktyk van weeklaag sluit in om ons vertroue in God te verwoord. Ons kan hierdie vertroue verwoord deur bloot die Skrif te herhaal terwyl ons vashou aan wat waar is, eerder as wat ons voel. Romeine 8:38-39 beskryf Paulus se eie geloofsverklaring. Hy deel met sy lesers dat hy oortuig is dat niks hom kan skei van die liefde van God in Christus Jesus nie.

Toe Paulus die brief aan die Romeine geskryf het, het hy baie swaarkry vir die saak van Christus ervaar. Nie net dit nie, maar Paulus het self Chistene vervolg. Hy het eerstehands Stefanus se vertroue in Christus gesien, selfs in die dood (Handelinge 7:54- 8:1). Hy het persoonlik vervolging deur regerende owerhede ervaar (Handelinge 9:23-25), konflik binne die kerk (Handelinge 15) en gevangenisstraf (Handelinge 16:16 - 40). Wanneer ons Paulus se ervarings lees, kan ons sien hoe waar sy bewerings in verse 38-39 is. Niks, nie een ding wat hy of enige iemand anders ervaar het, kon hom van die liefde van God skei nie.

Seisoene van pyn sal regdeur ons lewens kom en gaan. Wanneer ons onsself met die waarheid bewapen, kan ons ons vertroue in God verkondig terwyl ons in hierdie moeilike seisoene weeklaag. Sonder vertroue is ons weeklaag sonder hoop. Sonder om te glo dat ons God vir ons is, kan die pyn verlammend wees. Wanneer ons oortuig is dat niks ons van sy liefde kan skei nie, gaan ons weeklaag oor in lof. Ons verklarings van vertroue bring eer aan God ongeag hoe donker en desperaat ons omstandighede is.

Day 20Day 22

About this Plan

Vertrou God Te Midde Van Swaarkry

Voel dit vir jou asof die wêreld oral om jou ineengestort het? Voel dit vir jou asof jy deur die een storm op die ander getref word? Het jy begin wonder waar God te midde van al jou hartseer is? Vriendin, jy is nie alleen in jou swaarkry nie.

More