YouVersion Logo
Search Icon

Vertrou God Te Midde Van SwaarkrySample

Vertrou God Te Midde Van Swaarkry

DAY 25 OF 29

Lees: Psalm 9

"SOAP": Psalm 9:11

Daarom vertrou almal wat u Naam bely, op U, want U, Here, laat dié wat vra na u wil, nie in die steek nie.

Oordenking

In seisoene van pyn en hartseer is die laaste ding wat ons dalk wil doen, om God te loof. Maar lofprysing is 'n noodsaaklike deel van ons geloof. Wanneer ons lof aan God bring, verklaar ons sy majesteit, beide aan onsself en aan Hom. Lofprysing herinner ons aan wie God is, net soveel as wat dit 'n daad van aanbidding is. Wanneer ons oortuig is van God se liefde vir ons, kan ons ons pyn in 'n nuwe lig sien.

Psalm 9 is nog 'n lofpsalm. Hierdie Psalm is ook deur Dawid geskryf, alhoewel die teks vir ons geen aanduiding gee van die omstandighede waarin dit geskryf is nie. Ons weet dat Dawid in baie gevegte met sy vyande betrokke was. God het hom egter altyd verlos. Daar is baie elemente in Psalm 9 ingesluit: 'n verkondiging van dank en lof, 'n herinnering aan God se vernietiging van sy vyande, 'n verklaring van God se karakter, 'n oproep tot die vergadering vir lof, 'n belofte van voortgesette lof, nog 'n verklaring van God se geregtigheid oor die goddelose, en 'n versoek vir God om die nasies te oordeel.

Daar is geen formule vir lofprysing nie, nogtans kan ons iets by Dawid leer. Dawid se lofprysing het hom herinner aan hoe God in die verlede opgetree het, en hom verseker dat God in sy huidige omstandighede sou optree. Hy het verlossing van sy vyande nodig gehad, daarom het hy die kere wat God hom in die verlede van sy vyande verlos het, onthou. Deur God se getrouheid in die verlede te onthou, kon Dawid op God se getrouheid in die toekoms vertrou. Terwyl hy God vir sy karakter geprys het, het hy God se vermoë om te red, onthou. Lofprysing is bedoel om gedeel te word. Hier het Dawid die gemeente aangemoedig om “te sing tot eer van God” en om “aan die nasies te vertel wat hy gedoen het” (v. 12). Hierdie Psalm is geskryf vir die koorleier, die persoon wat die mense in gemeenskaplike lofprysing voor God sou lei. Dawid het die volk geroep om aan alles te dink wat God vir hulle gedoen het en om die nasies van sy werke te vertel. Dawid se lofprysing sluit ook 'n versoek in. Nadat hy God geloof het omdat Hy sy vyande vernietig het, vra Dawid weer vir God om die goddelose te oordeel. Versoeke is deel van lofprysing. Wanneer ons God vra om in ons behoeftes te voorsien, verklaar ons dat Hy daartoe in staat is én gewillig is. Hy word geëer deur ons lofprysing en ons versoeke, aangesien beide ons geloof in Hom bevestig.

Scripture

Day 24Day 26

About this Plan

Vertrou God Te Midde Van Swaarkry

Voel dit vir jou asof die wêreld oral om jou ineengestort het? Voel dit vir jou asof jy deur die een storm op die ander getref word? Het jy begin wonder waar God te midde van al jou hartseer is? Vriendin, jy is nie alleen in jou swaarkry nie.

More