Vertrou God Te Midde Van SwaarkrySample
Lees: Psalm 30
"SOAP": Psalm 30:12–13
Ek was in die rou, maar U het my van vreugde laat dans. U het my rouklere uitgetrek en vir my feesklere aangetrek. Daarom sal ek sing tot u eer; ek sal nie stilbly nie. Here my God, vir altyd sal ek U loof!
Oordenking
Lofprysing is ‘n deurslaggewende aspek van die praktyk van weeklaag. Weeklaag is meer as die uitdrukking van ons diepste seer en behoeftes aan God; dit is ‘n verklaring van geloof in God se karakter en krag en sy vermoë en gewilligheid om namens ons op te tree. Lofprysing onderskei weeklaag van kla. Lofprysing voltooi die praktyk van weeklaag. Nadat ons ons pyn teenoor God uitgespreek het, verklaar ons sy heiligheid wat onveranderlik is, ongeag ons omstandighede.
Hierdie week sal ons vyf lofpsalms bestudeer en dit gebruik in ons praktyk van weeklaag. Wanneer ons lof aan God verklaar, herinner ons onsself aan wie Hy is, en dit help ons om gefokus te bly op ons Verlosser in plaas van ons omstandighede.
Psalm 30 is deur koning Dawid geskryf. Dawid het baie swaarkry en pyn ervaar en hierdie Psalm is ‘n getuienis van die manier waarop God hom herstel en verlos het. Hierdie Psalm is geskryf om gebruik te word by die inwyding van die tempel in Jerusalem. Dawid het hierdie lied geskryf met die verwagting dat God sou doen wat Hy gesê het Hy gaan doen – om Dawid se seun toe te laat om ‘n tempel in Jerusalem te bou.
Ons kan baie leer uit die struktuur van Dawid se Psalm terwyl ons ons eie lofprysing vorm. Dawid begin met lofprysing en dank God vir verlossing van sy vyande. Hy loof God omdat Hy hom gered het, hom vergewe het en hom genadig was. Dawid erken sy sonde, sy ervaring van God se woede oor sy sonde en die onverdiende genade wat God aan hom bewys het, wat meer was as wat hy verdien het. Hy loof God vir sy voortdurende verlossing, sy konstante teenwoordigheid en sy volmaakte karakter.
Ruim vandag tyd in om Psalm 30 hardop tot God te bid. Vul jou eie ervarings in of gebruik Dawid se woorde. Toe Dawid hierdie Psalm geskryf het, het hy nie die vervulling gesien van God se belofte om ‘n tempel te bou nie, maar hy was vol vertroue dat God sy belofte sou nakom. In seisoene van pyn kan ons vol vertroue wees dat ons God is wie Hy sê Hy is. Hy is die God wat sy beloftes hou, die God van barmhartigheid wat weeklaag in dans verander, wat ons roukleed uittrek en ons met vreugde klee. Mag ons Hom altyd dank.
Scripture
About this Plan
Voel dit vir jou asof die wêreld oral om jou ineengestort het? Voel dit vir jou asof jy deur die een storm op die ander getref word? Het jy begin wonder waar God te midde van al jou hartseer is? Vriendin, jy is nie alleen in jou swaarkry nie.
More