Die Belangrikheid Van GebedSample
Oordenkingsvrae:
1. Hoe kan ons, op grond van Romeine 5:1–2, bly wees in hoop terwyl ons bid? Hoe kan ons regverdig verklaar word en vrede met God hê?
2. Hoe kan ons die vertroue hê dat God ons gebede verhoor?
3. Hoe kan ons volgens Efesiërs 3:11–12, met vrymoedigheid en vertroue bid?
4. Watter aksie moet jy neem op grond van Matteus 7:7–11, wanneer jy bid? Waarom is vers 11 so belangrik om te verstaan?
5. Hoe vertroos Romeine 8:26–27 as jy seer het en nie woorde het om jou pyn uit te druk nie?
About this Plan
As jy graag nader aan jou Verlosser wil kom deur gebed ‘n prioriteit in jou lewe te maak, dan is Die Belangrikheid van Gebed vir jou. Ons gaan tyd deurbring in God se Woord, antwoorde kry op vrae oor hoe ons moet bid, hoe om gebed ‘n prioriteit te maak en hoe God gebed verhoor. Mag God deur hierdie studie ons oë oopmaak vir die wonder en voorreg van gebed.
More