YouVersion Logo
Search Icon

Bemoedigende WoordeSample

Bemoedigende Woorde

DAY 6 OF 10

Genesis 6:9

"Noag was 'n regverdige man. Onder sy tydgenote was hy onberispelik en hy het naby God geleef."  

  • Om die regte ding te doen, bring altyd seën en guns op ons lewens.     
  • Dit mag nie altyd maklik wees om die regte ding te doen nie, maar dit sal altyd die moeite werd wees.     
  • Ons behoort voortdurend te probeer om ons sake volgens die Woord van God en sy wil uit te voer.     
  • Ons moet ook in 'n noue verhouding met God lewe en Hy sal ons gebruik.

Gebed: Vader, dit is my begeerte en keuse om 'n lewe te lei wat U behaag en eer. Ek kies ook om 'n intieme verhouding met U te hê, want ek weet hoeveel ek U in my lewe nodig het. In die Naam van Jesus. Amen.

Scripture

Day 5Day 7

About this Plan

Bemoedigende Woorde

Hierdie leesplan is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort kerngedagtes en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.

More