YouVersion Logo
Search Icon

Bemoedigende WoordeSample

Bemoedigende Woorde

DAY 5 OF 10

Matteus 7:11

"As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?"

  • God se hart is gevul met goedheid en genade teenoor ons.  
  • Hy weet presies wat ons nodig het en hoe om dit vir ons te voorsien.  
  • Trouens, Hy het goeie gawes gereed vir diegene wat dit sal waag om te vra.  
  • Laat ons gereed wees om, met arms wawyd oop, alles te ontvang wat Hy vir ons wil gee.

Gebed: Vader, dankie dat U 'n goeie Vader is en as sodanig  vir my die "goeie gawes" wil gee wat U vir my voorberei het. Ek vra U, my Hemelse Vader, vir die goeie dinge wat U vir my wil gee. In die Naam van Jesus. Amen.

Scripture

Day 4Day 6

About this Plan

Bemoedigende Woorde

Hierdie leesplan is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort kerngedagtes en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.

More