Bemoedigende WoordeSample
Habakuk 3:19
"Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop."
- God gee jou die krag wat jy nodig het.
- Hy weerhou nie krag nie, maar Hy deel sy krag aan ons uit.
- Met sy krag kan ons bereik wat dalk onmoontlik gelyk het.
- Sy krag maak dit vir ons moontlik om enige uitdaging wat die lewe op ons pad mag bring te hanteer!
Gebed: Vader, mag u krag nou in my lewe invloei terwyl ek weereens verklaar dat U die sterkte van my lewe is. Versterk my in die kwessies en uitdagings wat ek moet hanteer, sodat ek deur u krag as oorwinnaar uit die stryd kan tree. In die Naam van Jesus. Amen.
Scripture
About this Plan
Hierdie leesplan is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort kerngedagtes en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.
More