YouVersion Logo
Search Icon

Die Grootste GeskenkSample

Die Grootste Geskenk

DAY 7 OF 43

Aan Sy Liefde Is Daar Geen Einde Nie

Lees: Psalm 136

SOAP: Psalm 136:26

Loof die God van die hemel! Aan sy liefde is daar geen einde nie. 



Oordenking

Daar is iets spesiaals daaromtrent om ‘n dankie-sê-briefie in die pos te ontvang. Nadat jy die tyd, moeite en geld bestee het om iets spesiaals vir iemand anders te doen, voel ‘n handgeskrewe briefie of teksboodskap wat “dankie” sê soos om in ruil, ‘n geskenk te ontvang. Dis heel dikwels nie iets wat ons nodig het nie, want ons hou daarvan om ons geliefdes spesiaal te laat voel, maar dis ‘n seëning van bedagsaamheid.

As ons vandag deur Psalm 136 lees, gee dit ons ses en twintig redes om die Here te loof! Ons verhouding met God gaan om meer as om vir geskenke te vra en God wat daarop reageer. Dit is om ons gawes te gebruik om God te eer en te verheerlik, om alles wat Hy vir ons gedoen het, te onthou, Hom te aanbid vir wie Hy is en wat Hy gedoen het, om sy onveranderlike karakter te eer, vir ander van Hom en die geskenk van verlossing wat Hy vir ons almal het, te vertel, en Hom met vreugdevolle harte te dank. 

Wanneer laas het jy jou tyd met God gebruik om sommer net “dankie” te sê? Dank Hom vir wie Hy is — ons goeie God, die Here van die here, die Koning van konings. Dank Hom vir wat Hy gedoen het — wat Hy geskep het, die gawes wat hy jou gegee het, die gebede wat hy verhoor het. Onthou die kere toe die Here deure toegemaak het, ‘n pad gemaak het, beskerming gebied het, vir jou ‘n sterk vesting was, en jou vertroos het. Dank God dat Hy jou liefgehad het toe jy nog ‘n sondaar was, dat Hy jou sy dogter noem, en vir jou ‘n plek en ‘n pad voorberei om vir ewig saam met Hom te lewe. Dank God dat Hy sy Seun na die aarde toe gestuur het as die grootste geskenk wat jy ooit kon ontvang. 

Sê dankie vir die Here!



Gebed

Vader, ek kom vandag nederig in danksegging voor U, nie om iets te vra nie, maar om alles wat U reeds vir my gedoen het, alles wat U is en alles wat U so vryelik vir my gegee het, te onthou en te gedenk. Ek het U lief. Amen. 





Scripture

Day 6Day 8

About this Plan

Die Grootste Geskenk

Hierdie ses weke lange Bybelstudie is daarop gemik om ons harte voor te berei om die grootste van alle geskenke te vier: Jesus Christus. Hierdie studie fokus op die karakter van God en wat dit beteken om ‘n lewe van dankbaarheid te lei. Namate ons die Adventstyd binnegaan, sal ons ‘n paar van die gawes wat God in Jesus vir ons gegee het, bestudeer, naamlik: hoop, geloof, vreugde en vrede.

More