Die Grootste GeskenkSample
Week 5: Die Gawe van Vreugde
Vreugde in Sy Teenwoordigheid
Lees: Psalm 16
SOAP: Psalm 16:11
U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is.
Oordenking
Die woordeboek definieër vreugde as: “'n bron of 'n oorsaak van genot.” Ek weet nie van jou nie, maar ek dink dit is 'n wonderlike definisie van Jesus! Hierdie week van ons studie gaan ons fokus op nog 'n wonderlike geskenk wat God ons gegee het — die gawe van vreugde! Vreugde is die tema van die derde week van Advent en dit is 'n tyd om die goeie nuus van die geboorte van Jesus te vier — nuus wat definitief vir ons vreugde bring!
Daar is so baie aspekte van die Kersseisoen wat 'n tydelike bron van genot kan wees. Flikkerende ligte, 'n vars lagie sneeu, geskenke vir vriende en familie, selfs die eenvoudige glimlag van 'n vreemdeling op 'n besige aand. Hierdie week vier ons egter 'n bron van vreugde wat ewig is! Toe God Jesus na die aarde gestuur het om die soenoffer vir ons sondes te wees, was dit 'n permanente, onveranderlike verbond wat ons weer in 'n verhouding met Hom sou bring.
Omdat God se karakter onveranderlik is, kan ons hierdie Kersfees vier, wetende dat ons vreugde gevind word in die teenwoordigheid van God, wat ons persoonlik kan ervaar deur ons verhouding met Jesus, die grootste geskenk wat ooit aan ons gegee is. Die psalmis skryf dat hy absolute blydskap ervaar in die teenwoordigheid van God — dit faal nooit nie!
Wat moet jy hierdie week doen om seker te maak dat jou tyd met God heel bo aan jou lys is? Waar het al die verpligtinge van die Kersseisoen jou aandag weggeneem van die beloofde vreugde wat jy kan ervaar wanneer jy in God se teenwoordigheid rus?
Gebed
Hemelse Vader, dankie dat U my die gawe van vreugde gegee het. Soos ek die dae aftel tot die viering van u Seun se geboorte, help my om die rede vir my vreugde te deel met die mense wat ek elke dag ontmoet, want u Goeie Nuus is vir alle mense! Amen.
Scripture
About this Plan
Hierdie ses weke lange Bybelstudie is daarop gemik om ons harte voor te berei om die grootste van alle geskenke te vier: Jesus Christus. Hierdie studie fokus op die karakter van God en wat dit beteken om ‘n lewe van dankbaarheid te lei. Namate ons die Adventstyd binnegaan, sal ons ‘n paar van die gawes wat God in Jesus vir ons gegee het, bestudeer, naamlik: hoop, geloof, vreugde en vrede.
More