YouVersion Logo
Search Icon

Die Grootste GeskenkSample

Die Grootste Geskenk

DAY 35 OF 43

Lofpsalm van Vreugde

Lees: Psalm 147

SOAP: Psalm 147:1

Prys die Here!

Dit is goed om tot lof van ons God te sing,

dit is ’n genot om die loflied te sing wat Hom toekom.


Oordenking

Die Kerstyd kan vir baie van ons ’n moeilike tyd wees. Sommige staan voor ’n eerste Kersfees sonder ’n geliefde, of afstand het dit onmoontlik gemaak om bymekaar te kom. Miskien was Kersfees ’n moeilike seisoen toe jy grootgeword het en die tradisies en aktiwiteite bring net ontmoedigende herinneringe terug.

As ’n deel van jou hart vandag stukkend voel, laat ons Skrif ’n teer herinnnering daaraan wees dat God daar is om jou te gees te genees en te herstel, net soos Hy lank gelede daar was vir die Israeliete. Die einste God wat elke ster in die lug geskep, getel en benoem het, ken jou naam. Jy is pragtig geskape na sy beeld, en daar is geen deel van jou verlede, hede of toekoms waarvoor Hy nie omgee nie.

Dit is goed om lofliedere te sing oor God! Dink aan al die gawes waarvan ons tot dusver in hierdie Adventstudie geleer het, en al die maniere waarop God vir jou omgee. Dit is goed om God te loof vir hierdie dinge, want dit help om ons gedagtes op te hef en ons fokus te verander. As ons voel dat die druk van die vakansie te groot is, neem ’n rukkie om na te dink oor die dinge wat goed en lofwaardig is (Filippense 4:8).

Lof is aangenaam en gepas. Dit eer God en is ook goed vir ons harte. As God se uitverkore volk het ons die voorreg om uitgenooi te word om met vrymoedigheid voor sy troon te kom. Kom ons bring vandag die tyd in lofprysing deur!


Gebed

Vader, U ken my beter as wat ek myself ken. Dankie dat U naby is as ek hartseer is, my vertroos wanneer ek U die nodigste het en my nooit verlaat nie. Dit is ’n gawe om u heilige Naam te kan loof. Amen.



Scripture

Day 34Day 36

About this Plan

Die Grootste Geskenk

Hierdie ses weke lange Bybelstudie is daarop gemik om ons harte voor te berei om die grootste van alle geskenke te vier: Jesus Christus. Hierdie studie fokus op die karakter van God en wat dit beteken om ‘n lewe van dankbaarheid te lei. Namate ons die Adventstyd binnegaan, sal ons ‘n paar van die gawes wat God in Jesus vir ons gegee het, bestudeer, naamlik: hoop, geloof, vreugde en vrede.

More