YouVersion Logo
Search Icon

Die Grootste GeskenkSample

Die Grootste Geskenk

DAY 34 OF 43

Vreugde in die Belofte

Lees: Johannes 16:19–24

SOAP: Johannes 16:22

Net so is julle ook nou bedroef, maar as Ek julle weer sien, sal julle harte vol blydskap wees, en niemand kan julle blydskap van julle af wegneem nie. 


Oordenking

Jesus het 'n belofte aan sy dissipels gemaak wat vandag nog vir ons groot vreugde bring. Die dissipels het eenkant met mekaar gesels en Jesus het 'n vraag wat hulle hom nie direk gevra het nie, beantwoord. Jesus het aan hulle gesê dat Hy sal weggaan en weer sal kom, en hulle het gesukkel om te verstaan wat Hy bedoel het. Alhoewel Jesus gekruisig sou word en sterf, sou Hy terugkeer om hulle weer te sien. En Hy het! Eendag sal ons ook vir Jesus sien terugkom, maar tot daardie dag, kan ons vreugde vind in die wete dat "Beloftehouer" 'n onveranderlike eienskap van God is. 

In ons Skrifgedeelte van vandag het Jesus aan die dissipels gesê dat, alhoewel hulle hartseer is omdat Hy hulle gaan verlaat, met 'n verandering in perspektief en fokus, vul daardie omstandighede hulle met vreugde. Wanneer ons ons perspektief verander, kan ons hartseer in werklikheid ons vreugde word, ons rede om bly te wees. Die dinge wat vir ons pyn veroorsaak, word die weë wat God gebruik om blywende vreugde in ons lewens te bring. 

Jesus is 'n belofte wat nagekom is. Sy geboorte, elke besonderheid daarvan, was beplan, voorspel en perfek uitgevoer sodat daar geen twyfel kon wees dat Hy die beloofde Messias is nie. Jesus se dood en opstanding het nog 'n deel van daardie belofte vervul en ons kan vreugde vind soos ons ons verbly dat geen menslike planne ooit dít wat God begin het, sal vernietig nie. Ons sal Jesus weer sien en niemand kan daardie vreugde van ons af wegneem nie!


Gebed

Hemelse Vader, dankie dat U elke deel van die belofte wat U gemaak het om aan ons 'n Verlosser te stuur, so sorgsaam en deurdag beplan het. Mag my vreugde in U alleen gevind word, wetende dat hartseer tydelik is, maar die vreugde ewig. Amen. 
















Scripture

Day 33Day 35

About this Plan

Die Grootste Geskenk

Hierdie ses weke lange Bybelstudie is daarop gemik om ons harte voor te berei om die grootste van alle geskenke te vier: Jesus Christus. Hierdie studie fokus op die karakter van God en wat dit beteken om ‘n lewe van dankbaarheid te lei. Namate ons die Adventstyd binnegaan, sal ons ‘n paar van die gawes wat God in Jesus vir ons gegee het, bestudeer, naamlik: hoop, geloof, vreugde en vrede.

More