Die Grootste GeskenkSample
Vreugde in Aanbidding
Lees: Psalm 30
SOAP: Psalm 30:12-13
Ek was in die rou, maar U het my van vreugde laat dans. U het my rouklere uitgetrek en vir my feesklere aangetrek. Daarom sal ek sing tot u eer; ek sal nie stilbly nie. Here my God, vir altyd sal ek U loof!
Oordenking
Wanneer laas het jy jouself toegelaat om waarlik vreugdevol te wees? Dink aan die laaste keer wat jy jou oë toegemaak het, jou hande na die hemel gelig het, met 'n pragtige glimlag op jou gesig en jou hart vol vreugde? Jou hart was gevul met verwondering en genot en jou voete kon net nie stilstaan nie en het gedans.
Wat as jy jouself toestemming gee om vandag so voor God te kom? Vir net tien minute, laat die laste en swaarmoedigheid van die jaar aan die voet van die kruis neerval en aanbid God met vreugde. Lag, sing, dans, glimlag — laat jouself weer kind word in die teenwoordigheid van jou Vader. Vertrou dat Hy jou lofprysing verwelkom en dat Hy jou die gawe van vreugde gegee het sodat jy dit ten volle en diep kan ervaar. Nie net dit nie, maar dat God jou hartseer vir vreugde wil verruil en jou stilte vir sang!
Luister na jou gunsteling opbeurende aanbiddingsmusiek of Kersmusiek en geniet hierdie oomblik met God. Aanbid Hom vir alles wat Hy is, alles wat Hy vir jou gegee het en alles wat Hy belowe om in die toekoms te doen. Tydens Kersfees vier ons die geboorte van die Verlosser van die wêreld en God is nog nie klaar om goeie geskenke aan sy kinders te gee nie. Breek 'n oomblik weg van die besig-wees, aanbid eenvoudig vir God en ervaar die vreugde wat kom deur ten volle in sy teenwoordigheid te wees.
Gebed
Vader God, U alleen is ons lofprysing waardig. Dankie vir die glorieryke verruiling van my rou vir vreugde, my stilte vir sang. Vandag plaas ek my laste in u bevoegde hande en ek verruil dit gewilliglik vir die vreugde wat U belowe. Ek sal U vir ewig en altyd dank. Amen.
Scripture
About this Plan
Hierdie ses weke lange Bybelstudie is daarop gemik om ons harte voor te berei om die grootste van alle geskenke te vier: Jesus Christus. Hierdie studie fokus op die karakter van God en wat dit beteken om ‘n lewe van dankbaarheid te lei. Namate ons die Adventstyd binnegaan, sal ons ‘n paar van die gawes wat God in Jesus vir ons gegee het, bestudeer, naamlik: hoop, geloof, vreugde en vrede.
More