Die Grootste GeskenkSample

Vrede in jou Omstandighede
Lees: Jesaja 26:3; 2 Korintiërs 1:3–11
SOAP: Jesaja 26:3
Gee aan hulle vrede en voorspoed, Here, want hulle het hulle vertroue op U gestel.
Oordenking
Ons het in ons studie geleer dat God goed, konsekwent en onveranderlik is. Ons God is ook regverdig en die profeet Jesaja het harde woorde gehad vir diegene wat die verbond wat God met sy volk gesluit het, sou teëstaan. Vir diegene wat getrou bly, belowe God vrede en veiligheid.
In hoofstuk 26 verskuif Jesaja ons aandag vanaf die omstandighede van die gevalle wêreld rondom ons, terug na die volmaakte koninkryk van die hemel. Alhoewel ons dit nog moet sien, kan ons berusting vind in die wete dat God sal doen wat Hy sê Hy sal doen: ons God sal oor alles regeer. Maak nie saak wat in ons wêreld, in ons gemeenskappe of in ons gesinne gebeur nie, God sal die finale oorwinning behaal.
Met Kersfees vier ons die koms van Jesus, ons Verlosser, as ‘n baba gebore uit ‘n maagd, beide God en mens. Die verhaal is maar net die begin, want ons leef met ‘n heilige verwagting van Christus se wederkoms — nie as ‘n baba nie, maar ons Verlosser.
Soos ons geloof meer standvastig word en ons aan die gawes en beloftes van God vashou, sal ons vrede ervaar, ongeag ons omstandighede.
Gebed
Vader, U is my rots en my vaste fondament. Wanneer ek veiligheid en vrede soek, mag ek dit vind in u teenwoordigheid, ongeag my omstandighede. Dankie vir hierdie gawe van vrede en dat U altyd u beloftes nakom. Amen.
Scripture
About this Plan

Hierdie ses weke lange Bybelstudie is daarop gemik om ons harte voor te berei om die grootste van alle geskenke te vier: Jesus Christus. Hierdie studie fokus op die karakter van God en wat dit beteken om ‘n lewe van dankbaarheid te lei. Namate ons die Adventstyd binnegaan, sal ons ‘n paar van die gawes wat God in Jesus vir ons gegee het, bestudeer, naamlik: hoop, geloof, vreugde en vrede.
More
Related Plans

What Do Christians Believe?

Everyday Evangelism: Practical Ways to Share Jesus

Born for Such a Time as This!

Words We'll Sing Forever: A 4-Day Devotional

Pour Out Your Heart Through Prayer

The Novelty Detox for Lent: Letting Go of Novelty and Being Present in the Everyday

Competing Kingdoms: Lessons From Joanna

More Than Just a Story - the Book of John

I Received Jesus! Now What?
