YouVersion Logo
Search Icon

VriendskapSample

Vriendskap

DAY 33 OF 43

Om die Verlorenes te Red

Lees: Lukas 15:1-10, Lukas 19:1-10

SOAP: Lukas 19:10

Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is. 


Oordenking

Wanneer ons so 'n bondige verklaring van Jesus se bediening hoor, kan ons in die versoeking kom om sy boodskap te beperk. Ons kan dit vereenvoudig tot 'n geestelike boodskap, sonder enige iets aards en ligaamlik. Die titel van Seun van die Mens omvou egter Jesus se hele aardse bediening. Lukas toon Jesus as die Verlosser vir die hele mensdom, die nuwe Adam, die skepper van 'n nuwe volk. Hy het nie net gekom om die een verlore skaap of muntstuk te soek nie, maar om die verlorenes in sy nuwe familie as nuwe mense in te neem: dié wat verlos is.

Dit illustreer hoe ons vertikale en horisontale verhoudinge so nou verbonde is. Wanneer ons verlos is, is ons nie net met God versoen nie, maar ons is ook ingeneem in die nuwe skepping wat Hy alreeds begin het. Lukas se hele Evangelie illustreer dit: toe Jesus sy bediening begin het, het Hy aangekondig dat Hy gekom het om die evangelie aan armes te verkondig, die gevangenes vry te laat, die sig van blindes te herstel, om die onderdruktes in vryheid uit te stuur en om die genadejaar van die Here aan te kondig (Lukas 4:8). Hy het gekom om die nuwe skepping, wat eendag voltrek sal word, in te wy. Hy het gekom om ons, die verlorenes, te soek en te red as deel van sy algehele verlossingsplan. 

Gebed

Here God, dankie dat U my gesoek en gered het! Dankie vir die nuwe skepping wat kom. Help my om in die lig van daardie realiteit as 'n deel van u familie te leef. Amen.

Day 32Day 34

About this Plan

Vriendskap

Ons is geskep vir gemeenskap en vriendskap. God het die mensdom geskep in die konteks van 'n verhouding met Homself en met ander. Al lyk dit eenvoudig en pynvry om alleen deur die lewe te gaan, is ons bedoel om in gemeenskap te wandel. Ons kan nie sonder mekaar oorleef nie. Die manier waarop ons vir mekaar omgee en mekaar se laste dra, toon Christus se liefde aan die wêreld.

More