VriendskapSample

Jesus, Ons Heel Beste Vriend
Lees: 1 Petrus 5:6-7
SOAP: 1 Petrus 5:7
Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.
Oordenking
Ons is gemaak vir menseverhoudinge, maar ‘n gevalle wêreld beteken dat baie van ons vriendskappe ons gaan teleurstel of selfs seermaak. Uiteindelik is dit God wat in al ons behoeftes voorsien, nooit mense nie. As ons voor eensaamheid, vrees en pyn te staan kom, kan ons op God vertrou om ons laste te dra en ons te vertroos. God is altyd betroubaar, al is ons vriende nie.
God belowe nie om ons pyn te verlig, ons siekte te genees of ‘n einde aan ons lyding op aarde te maak nie. Ons uiteindelike hoop lê egter in volkome herstel in die ewigheid. Ons kan ons bekommernisse op God werp omdat ons weet dat Hy vir ons omgee, want Hy het hierdie liefde gedemonstreer toe Hy sy Seun gestuur het om aan die kruis vir ons te sterf. Ons vriende kan ons in die steek laat, maar God sal nooit nie. Ons vriende kan hulle eie begeertes bo ons welstand plaas, maar Christus het ter wille van ons gely en gesterf. Ons vriende kan dalk hulle skouers ophaal vir ons laste, maar God belowe om ons swaar las vir ‘n sagte juk te verruil (Matt. 11:30).
Gebed
Dankie God, dat U my nooit in die steek laat nie! Ek bid dat U vir my vriendskappe sal gee wat U eer en vir my vreugde verskaf. Ek dank U dat U my heel grootste bron van vertroosting en sekuriteit bly. Amen.
Scripture
About this Plan

Ons is geskep vir gemeenskap en vriendskap. God het die mensdom geskep in die konteks van 'n verhouding met Homself en met ander. Al lyk dit eenvoudig en pynvry om alleen deur die lewe te gaan, is ons bedoel om in gemeenskap te wandel. Ons kan nie sonder mekaar oorleef nie. Die manier waarop ons vir mekaar omgee en mekaar se laste dra, toon Christus se liefde aan die wêreld.
More
Related Plans

Fearless in Battle

When God Speaks: What to Expect

Finding Freedom: How God Leads From Rescue to Rest

Evangelistic Prayer Team Study - How to Be an Authentic Christian at Work

Jesus When the Church Hurts

The Gospel of Matthew

The Artist's Identity: Rooted and Secure

One New Humanity: Mission in Ephesians

Numbers | Reading Plan + Study Questions
