YouVersion Logo
Search Icon

VriendskapSample

Vriendskap

DAY 41 OF 43

Die finale Offer

Lees: Johannes 15:13, Romeine 5:8, Efesiërs 5:1-2

SOAP: Johannes 15:13

Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê.

Oordenking

Jesus het die grootste liefde aan ons bewys deur sy lewe ter wille van ons af te lê. Hy maak nie net hierdie grootste offer vir sy vriende nie, maar ook vir sy vyande. Hy het gesterf vir almal wat sy kruisiging aangemoedig het, dié wat sy bediening teëgestaan het en selfs sy dissipels wat Hom in die steek gelaat het. Hy het ook vir ons gesterf — mense wat teen Hom sondig, sy kinders seermaak en Hom dikwels verkeerd voorstel aan die wêreld. Hy het onbeskryflike liefde getoon deur te sterf vir diegene wat Hy vriende genoem het, selfs toe hulle soos vyande opgetree het. 

Ons word geroep om na onbaatsugtige liefde in ons eie gemeenskappe te streef. Net soos Christus sy liefde deur sy optrede getoon het, word ons geroep om deur ons optrede ons liefde aan die wêreld te betoon. Ons kan sy voorbeeld volg deur daardie mense, wat deur die wêreld geïgnoreer word, uit te soek en deernis aan hulle te bewys. Ons kan getuig van die waarheid van Christus se opoffering, deur aan die wêreld te wys dat ons ook bereid is om ons voorkeure en gemak ter wille van ‘n ander op te offer. 

Gebed

God, baie dankie dat U die grootste opoffering vir my gemaak het. Dankie dat U my soos ‘n vriend liefhet, selfs toe ek U vyand was. Rus my toe met die genade om daardie soort liefde aan ander te bewys. Amen.


Day 40Day 42

About this Plan

Vriendskap

Ons is geskep vir gemeenskap en vriendskap. God het die mensdom geskep in die konteks van 'n verhouding met Homself en met ander. Al lyk dit eenvoudig en pynvry om alleen deur die lewe te gaan, is ons bedoel om in gemeenskap te wandel. Ons kan nie sonder mekaar oorleef nie. Die manier waarop ons vir mekaar omgee en mekaar se laste dra, toon Christus se liefde aan die wêreld.

More