VriendskapSample
Hy is ons getroue Vriend
Lees: Spreuke 18:24, Hebreërs 13:5-6
SOAP: Spreuke 18:24
Maats kan jou breek, maar daar kan ook 'n vriend wees wat nader is as 'n broer.
Oordenking
Sommige van ons is nie net teleurgestel deur ons vriende nie, maar ook baie seergemaak. Hegte verhoudinge is ‘n gawe van God, maar met innigheid kom sekere risiko’s. Die mense naaste aan ons kan ons op baie pynlike maniere seermaak en selfs misbruik of voordeel uit ons trek. Ons het moontlik vriendskappe beleef wat gesond en positief was, maar een vernietigende verhouding kan dit moeilik maak om ander te handhaaf.
Wanneer ons begrip van verhoudinge as gevolg van misbruik beskadig word, kan ons dink dat God op dieselfde manier te werk gaan. God bied vir ons hoop en vertroosting wanneer ons mishandel of in die steek gelaat word. Die Woord belowe ons dat God aan ons getrou is op maniere wat geen vriend of familielid ooit kan wees nie. Hy verander nooit nie, Hy faal ons nooit nie en sy beloftes word altyd vervul. Ons het die Skrif as geskenk ontvang om ons te herinner aan sy getrouheid. Oor en oor sien Hy ons, is Hy lief vir ons en weier Hy om moed op te gee met sy kinders.
Gebed
Dankie God, dat U getrou en goed is! Troos my asseblief Here, wanneer ek deur ander seergemaak word. Help my om U te vertrou ten spyte van die boosheid rondom my en gee vir my die vrede wat net van U af kom. Amen.
Scripture
About this Plan
Ons is geskep vir gemeenskap en vriendskap. God het die mensdom geskep in die konteks van 'n verhouding met Homself en met ander. Al lyk dit eenvoudig en pynvry om alleen deur die lewe te gaan, is ons bedoel om in gemeenskap te wandel. Ons kan nie sonder mekaar oorleef nie. Die manier waarop ons vir mekaar omgee en mekaar se laste dra, toon Christus se liefde aan die wêreld.
More