YouVersion Logo
Search Icon

VriendskapSample

Vriendskap

DAY 35 OF 43

Breek Saam Brood 

Lees: Handelinge 2:42-47, Handelinge 20:7

SOAP: Handelinge 2:46-47

Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet, en God geprys. Die hele volk was hulle goedgesind. En die Here het elke dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg.


Oordenking

In ‘n wêreld waar preke en aanbiddingsmusiek maklik aanlyn toeganklik is, wonder baie mense of ‘n kerk van bakstene en sement nog nodig is. As die bedoeling van ons samekoms bloot is om meer van die Bybel te leer, het dit geen sin om in persoon te vergader nie. Tog herinner hierdie beskrywing van die vroeë kerk ons daaraan dat daar iets belangriker is as om byeen te kom. As ons saam tyd deurbring, eet en drink, gesels en lag, ons stories vir mekaar vertel en gemeenskap bou, getuig ons van die goedheid van die koninkryk van God wat kom. Daar is niks wat dit kan vervang nie. 

God werk deur ons samekomste — Hy het deur hierdie byeenkomste van die vroeë kerk mense na Hom toe getrek en Hy gebruik steeds die getuienis van ons verhoudinge met mekaar om mense na Hom te trek. Mense kan vanuit die gemak van hulle huise ‘n podsending van ‘n preek aflaai of na aanbiddingsmusiek luister, maar niks kan die gemeenskap van vlees en bloed vervang nie.  

Gebed

Here, dankie vir die gawe van gemeenskap met gelowiges!  Help my om goeie verhoudinge in my kerkgemeenskap te bou wat van U getuig en mense nader trek sodat hulle U beter kan ken. Amen.

Day 34Day 36

About this Plan

Vriendskap

Ons is geskep vir gemeenskap en vriendskap. God het die mensdom geskep in die konteks van 'n verhouding met Homself en met ander. Al lyk dit eenvoudig en pynvry om alleen deur die lewe te gaan, is ons bedoel om in gemeenskap te wandel. Ons kan nie sonder mekaar oorleef nie. Die manier waarop ons vir mekaar omgee en mekaar se laste dra, toon Christus se liefde aan die wêreld.

More