YouVersion Logo
Search Icon

VriendskapSample

Vriendskap

DAY 32 OF 43

Buitekring, Binnekring

Lees: Markus 3:13-19, Markus 5:37, Markus 9:2-8

SOAP: Markus 9:2

Ses dae later het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes saamgeneem en hulle op 'n hoë berg gebring waar hulle heeltemal alleen was. Toe het sy voorkoms voor hulle oë verander, 


Oordenking

Selfs Jesus het 'n paar goeie vriende nodig gehad. Die toneel van die verheerliking in Markus 9 is 'n ongelooflike beskrywing van Jesus wat aan 'n paar van sy dissipels 'n glimps van sy komende koninkryk en glorie openbaar. Terwyl Jesus 'n paar dissipels gekies het as dié wat naaste aan Hom was, is daar 'n ander groep vriende in hierdie verhaal wat raakgesien moet word. Nadat Jesus verheerlik is, het Moses en Elia saam met Hom verskyn. Moses het die wet verteenwoordig en Elia die profete, die openbaring van God in die Ou Testament. Die wet en die profete was egter net skadu's. Die wet en die profete was openbaringe van God af, maar Jesus is die openbaring van God. 

Markus 9:4 sê dat Moses en Elia met Jesus gepraat het — waaroor het hulle gepraat? Lukas 9:28-36 vertel vir ons dat hulle met Hom gepraat het oor sy uittog wat Hy in Jerusalem sou voltooi. In hierdie kritieke oomblik voor sy dood en opstanding, het Jesus met 'n paar vriende gepraat wat 'n bietjie meer geweet het as sy dissipels. Niemand van ons het naastenby iets soortgelyks ervaar as wat Jesus met Moses en Elia bespreek het nie, maar hierdie ongelooflike verhaal maak dit duidelik dat Jesus self vriende nodig gehad het wat sy laste saam met Hom kon dra, gesien in die lig van die lyding wat Hy binnekort sou moes verduur. 

Gebed

Here God, dankie vir die Menswording. Dankie vir u Seun wat eerstehands ervaar het wat dit beteken om menslik te wees en wat aan ons die behoefte aan menslike vriendskap wys. Wys my hoe om hierdie soort vriendskappe in my lewe te bou. Amen.

Day 31Day 33

About this Plan

Vriendskap

Ons is geskep vir gemeenskap en vriendskap. God het die mensdom geskep in die konteks van 'n verhouding met Homself en met ander. Al lyk dit eenvoudig en pynvry om alleen deur die lewe te gaan, is ons bedoel om in gemeenskap te wandel. Ons kan nie sonder mekaar oorleef nie. Die manier waarop ons vir mekaar omgee en mekaar se laste dra, toon Christus se liefde aan die wêreld.

More