YouVersion Logo
Search Icon

Dagstukkies vir besige vroueSample

Dagstukkies vir besige vroue

DAY 7 OF 7

Wees sy instrument - Benescke Janse van Rensburg  

Joalé, my oudste dogtertjie, was ongeveer twee toe een van daardie ongemaklike situasies my tref. Ek het my motorsleutel op die voorste sitplek neergesit terwyl ek haar op die agtersitplek vasgemaak het. Toe ek die agterdeur toeslaan, gaan die motor se alarm meteens af. En daar staan ek buite die motor sonder ’n sleutel met my dogtertjie binne-in die motor.

Skok en paniek wou my oorweldig, maar meteens tref ’n baie logiese gedagte my: Praat met jou kind. Ek het tot by Joalé gestap, haar aandag getrek en toe stap vir stap vir haar verduidelik hoe sy haar veiligheidsgordel moes losmaak, vorentoe klim en die knoppie op die motor se afstandbeheerder moes druk sodat die deure kon oopgaan. Ek was lanklaas so verlig soos toe ek haar weer in my arms kon vashou!

Hier op aarde is ons soos my dogtertjie in die motor. God staan aan die buitekant. Al is Hy almagtig, kies Hy om ons as sy instrumente te gebruik om sy liefde en genade aan ’n stukkende wêreld te wys. En Hy lei ons stap vir stap tot by sy doelwit.

Ek is oortuig God glimlag breed wanneer die toe deure op aarde oopgaan omdat sy beskikbare instrumente gehoorsaam was.

  

Vader-God, dankie dat U kies om ons as mense as u instrumente hier op aarde te gebruik om u liefde en genade aan ’n stukkende wêreld te wys. Amen.

Day 6

About this Plan

Dagstukkies vir besige vroue

Bekende vroue soos Christelle Webb-Joubert, Benescke Janse van Rensburg, Christine Ferreira, Helenè Bester, Chanté Hinds-Moller, Lizette Murray en Bertha le Roux-Wahl bring boodskappe van hoop vir ma’s. Hulle herinner jou dat jy nie alleen is nie, dat jy nie skaam hoef te voel wanneer die lewe jou oorweldig nie, en dat jy altyd maar kan vashou aan dié wete: Jou hemelse Vader ken jou, Hy weet wat jy nodig het.

More