YouVersion Logo
Search Icon

Dagstukkies vir besige vroueSample

Dagstukkies vir besige vroue

DAY 6 OF 7

Tyd - 'n duur kommoditeit - Aletté-Johanni Winckler


As jy vir ’n besige ma sê sy moet ontspan, want daar is regtig ’n tyd vir alles, sal sy jou vir seker met ’n bababottel teen die kop gooi. Wanneer ons kinders klein is, is tydsbestuur een van die heel moeilikste dinge. Ons voel oorweldig, nie in beheer nie, oormoeg, oorwerk en vergeetagtig.

Ek dink dit is belangrik om te besef selfs hiérdie seisoen in ’n vrou se lewe verdien ’n volwaardige plek. Jy mág maar oorweldig voel. Maar jy kán ook jou kop oplig en diep asemhaal. Jy sál lewend anderkant uitkom, al voel dit nie altyd so nie.

Ja, jou huis lyk nie elke dag soos ’n demonstrasiehuis in Tuis nie, maar dit is die plek wat jou kinders tuis laat voel. Jou kos proe dalk nie soos iets wat op MasterChef opgetower word nie, maar jou kinders geniet dit.

Ons as vroue is wonderlike skeppings. Ons het ’n ongelooflike vermoë om meer te doen, meer te hanteer en aan meer dinge te dink as wat ons ooit besef het. As jy dink jy is naby aan jou einde, vra die Maker van tyd vir meer. Meer genade, meer geduld, meer perspektief, meer deursettingsvermoë, meer volharding … Hy sal dit vir jou gee.


  

Here, ek het U elke sekonde van elke minuut van elke dag nodig om my te help kies tussen wat belangrik en wat dringend is. Amen

Day 5Day 7

About this Plan

Dagstukkies vir besige vroue

Bekende vroue soos Christelle Webb-Joubert, Benescke Janse van Rensburg, Christine Ferreira, Helenè Bester, Chanté Hinds-Moller, Lizette Murray en Bertha le Roux-Wahl bring boodskappe van hoop vir ma’s. Hulle herinner jou dat jy nie alleen is nie, dat jy nie skaam hoef te voel wanneer die lewe jou oorweldig nie, en dat jy altyd maar kan vashou aan dié wete: Jou hemelse Vader ken jou, Hy weet wat jy nodig het.

More