YouVersion Logo
Search Icon

Dagstukkies vir besige vroueSample

Dagstukkies vir besige vroue

DAY 2 OF 7

Gebruik jou tyd wys - Bertha le Roux-Wahl

 

Tyd is ’n groot geskenk wat ons so dikwels as vanselfsprekend aanvaar. Hoe maklik het dit nie vir ons geword om tyd te verkwis sonder om te blik of te bloos nie.

Thomas Edison het gesê: “Tyd is die enigste kapitaal wat elke mens besit en die enigste ding wat geen mens kan bekostig om te verloor nie.” Dink ’n bietjie na oor hoe jy jou tyd deurbring. As jy tyd waardeer, waardeer jy die geskenk van lewe. As jy jou tyd verkwis, is dit vir altyd weg. Jy kan dit nie terugkoop of terugwens nie.

Hoeveel keer het ek nie al ure op Facebook, Twitter of voor die TV vermors sonder dat ek dit agtergekom het nie! Ek was vasgevang in ander mense se lewe, maar daarna het ek gewens ek kan daardie tyd oorhê.

Jy sal wys waaraan jy waarde heg deur die dinge waaraan jy jou tyd afstaan. Heg jy meer waarde aan Facebook en die TV as aan jou verhouding met God en jou gesin? Besluit vandag om jou tyd te waardeer. Dink daaraan as ’n kommoditeit wat jy in jouself en in jou verhouding met die Here, jou familie en jou naaste kan belê.


Dankie, Here, vir die geskenk van tyd. Help my om die waarde daarvan te besef en dit nie te verkwis nie. Amen.

Day 1Day 3

About this Plan

Dagstukkies vir besige vroue

Bekende vroue soos Christelle Webb-Joubert, Benescke Janse van Rensburg, Christine Ferreira, Helenè Bester, Chanté Hinds-Moller, Lizette Murray en Bertha le Roux-Wahl bring boodskappe van hoop vir ma’s. Hulle herinner jou dat jy nie alleen is nie, dat jy nie skaam hoef te voel wanneer die lewe jou oorweldig nie, en dat jy altyd maar kan vashou aan dié wete: Jou hemelse Vader ken jou, Hy weet wat jy nodig het.

More