YouVersion Logo
Search Icon

Jou Beste Belegging!Sample

Jou Beste Belegging!

DAY 5 OF 5

“Pas God se Beginsels Elke Dag Toe”

“U Woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad.”   Psalm 119:105

God se Woord verskaf vir Christene verligtende krag gedurende tye wat beleef word as ‘n donker wêreld. Dit sal alleenlik hierdie bron van lig kan wees as ons oop is vir die waarhede daarin en toelaat dat dit ons lewens binnedring. Jesus beskryf dit in ‘n gelykenis wat ons in Matteus vind:

“'n Saaier het eendag gaan saai. Met die saai het 'n deel van die saad op die pad geval, en die voëls het gekom en dit opgepik. 'n Ander deel daarvan het op klipbanke geval, waar daar nie baie grond was nie, en dit het gou opgekom omdat die grond nie diep was nie. Maar toe die son warm word, is dit verskroei, en omdat dit nie wortel geskiet het nie, het dit verdroog. 'n Ander deel het tussen die onkruid geval, en die onkruid het opgekom en dit laat verstik. Die ander saad het in goeie grond geval en 'n oes gelewer, party honderdvoudig,   ander sestigvoudig en ander dertigvoudig.” Matteus 13:3-8

Die saad in die storie verteenwoordig die Bybel, en die verskillende toestande van die grond verteenwoordig ons gereedheid en gewilligheid om God se Woord te ontvang. Let daarop dat nie al die saad wat deur die boer gesaai was die resultaat waarna hy gesoek het opgelewer het nie; slegs die saad wat in die goeie grond gesaai was.   Lees Jesus se verduideliking van die storie in Matteus 13:18-23. Deur “goeie   grond” in ons lewens te kweek, beteken dat ons God se Woord toelaat om ons gedagtes binne te dring en om die motiewe en gesindhede van ons hart te   beïnvloed.

“Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart.” Hebreërs 4:12

Day 4

About this Plan

Jou Beste Belegging!

Om ‘n geseënde en oorvloedige opbrengs te kry, begin met die regte belegging wat jy maak. As jy ‘n nuwe Christen is, is daar nie ‘n groter belegging wat jy kan maak in jou geloof nie as ‘n gereelde inname van die Woord van God. Dit begin hier; waar jy hulp kry om die Woord te Lees, te Verstaan en daagliks effektief Toe te Pas.

More