YouVersion Logo
Search Icon

Jou Beste Belegging!Sample

Jou Beste Belegging!

DAY 3 OF 5

“Lees die Bybel Gereeld”

Die meeste van ons sal saamstem dat die Bybel nogal baie lees-materiaal verskaf, waarvan sommige oorweldigend voorkom en by tye ook onduidelik.   Hier is ‘n paar feite in verband met die Bybel wat vir jou ‘n verwysingsraamwerk en ‘n beter begrip sal gee wanneer jy dit lees.

Eerstens sal jy vind dat die Bybel uit twee afdelings bestaan:

Die Ou Testament is ‘n samestelling van geskrifte wat begin met die skepping van die wêreld, die geskiedenis van die volk Israel –  wat hulle ondergang as ‘n nasie insluit, die gevolglike gevangenskap deur hulle vyande, en ook hulle uiteindelike terugkeer om Jerusalem‘n paar honderd jaar voor die geboorte van Christus weer te beset.

Die Nuwe Testament is ‘n samestelling van geskrifte wat net vóór die geboorte van Christus begin, en dan voortgaan met Jesus se lewe en bediening, sy dood en opstanding as ons Verlosser, tot by die uiteindelike vestiging en uitbreiding van sy kerk regdeur die wêreld. Die boodskap van vryheid in Christus, deur genade, soos wat dit in die Nuwe Testament geopenbaar word, vervul en vervang die behoefte aan verpligte rituele wat in die Ou Testamant voorkom.

Tweedens, daar is algemeen gesproke drie tipes geskrifte wat jy dwarsdeur die Ou en Nuwe Testamente in die Bybel vind:

Historiese Gedeeltes – geskrifte wat ‘n ware storie vertel en ‘n belangrike geskiedkundige perspektief gee van mense en belangrike gebeurtenisse.

Instruksie Gedeeltes – boeke en verse wat instruksies gee oor baie aspekte van die Christelike lewe, die kerk se organisasie en persoonlike- en familie aangeleenthede, sonder om spesifiek die geskiedkundige verloop van gebeurtenisse te verskaf.

Inspirerende Gedeeltes –   poëtiese, kunstige geskrifte wat geskryf is om te bemoedig, mense se gemoed op te lig en wat handel oor die uitdrukking van emosies vanaf die skrywer tot by die leser.

Die Nuwe Testamentiese boeke, wat ‘n Historiese Verloop gee van die lewe en bediening van Jesus, is Matteus, Markus, Lukas en Johannes.  Hierdie vier boeke word ook na verwys as die Evangelies. Handelinge is weer ‘n ander historiese boek wat die vestiging en uitbreiding van die Christelike kerk weergee, na die dood en opstanding van Jesus.

Die Nuwe Testamentiese boeke wat die Instruksie Gedeeltes verteenwoordig, is vanaf Romeine tot by Judas. Hierdie boeke is aktuele briewe van kerkleiers om advies en instruksies te gee aan ander Christene en kerke dwarsdeur die wêreld.

Die Ou Testamentiese boek Psalms, is ‘n goeie voorbeeld van die Inspirerende Gedeeltes. Hier volg ‘n inspirasie, komende van ‘n Psalm wat ons verseker van die seëninge wat God vir iemand gee wat gereeld God se Woord in sy lewe toepas.

“Maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink. Hy is soos ‘n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en   waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy   aanpak.” Psalm 1:2-3

Om die saad van God se Woord in ons lewens te plant, moet ons Bybellees deel van ons daaglikse roetine maak. Soos wat die saad van God se Woord in ons lewens ontkiem en groei, só sal Sy seëninge al meer duidelik word. Jy sal krag ontvang uit sy   Woord, om jou selfs deur seisoene van droogte en moeilikhede te dra.

Scripture

Day 2Day 4

About this Plan

Jou Beste Belegging!

Om ‘n geseënde en oorvloedige opbrengs te kry, begin met die regte belegging wat jy maak. As jy ‘n nuwe Christen is, is daar nie ‘n groter belegging wat jy kan maak in jou geloof nie as ‘n gereelde inname van die Woord van God. Dit begin hier; waar jy hulp kry om die Woord te Lees, te Verstaan en daagliks effektief Toe te Pas.

More