YouVersion Logo
Search Icon

Jou Beste Belegging!Sample

Jou Beste Belegging!

DAY 1 OF 5

“Gewaarborgde Opbrengs!”

In vandag se wêreld laat hierdie uitspraak sekere wenkbroue lig en wek dit ook heelwat agterdog. Maar daar is ‘n universele wet wat van toepassing is op feitlik elke aspek van die lewe: die wet van saaityd en oestyd, of om dit meer eenvoudig te stel, “jy oes wat jy saai.”

Jy kan nie oes voordat jy nie eers saad geplant het nie.  Jy kan nie ‘n opbrengs kry as jy nie eers belê het nie. Jy kan nie die voordele van ‘n produk of ‘n diens ontvang as jy dit nie eers gekoop het nie.  Jy kan nie fisiese gesondheid behou sonder ‘n goed-gebalanseerde dieet en gereelde oefening nie. En met al hierdie voorbeelde is die opbrengs wat jy ontvang proporsioneel tot die kwaliteit of hoeveelheid wat jy vooraf gegee het.

Dieselfde wet is ook van toepassing op ons verhouding met God. Ons kan nie ‘n vervulde en geseënde reis saam met God oes as ons nie saad saai wat daardie oes sal kan lewer nie. Die goeie nuus is dat God goeie saad tot ons beskikking stel – dit word genoem Sy Woord, die Bybel.   Deur God se Woord mildelik in ons lewens te saai, word ‘n oorvloedige opbrengs op daardie belegging gewaarborg.

Day 2

About this Plan

Jou Beste Belegging!

Om ‘n geseënde en oorvloedige opbrengs te kry, begin met die regte belegging wat jy maak. As jy ‘n nuwe Christen is, is daar nie ‘n groter belegging wat jy kan maak in jou geloof nie as ‘n gereelde inname van die Woord van God. Dit begin hier; waar jy hulp kry om die Woord te Lees, te Verstaan en daagliks effektief Toe te Pas.

More