YouVersion Logo
Search Icon

Jou Beste Belegging!Sample

Jou Beste Belegging!

DAY 2 OF 5

“Oorsig van die Bybel”

Die Bybel is vol tydlose beginsels, duidelike instruksies en relevante voorbeelde van ‘n gebalanseerde, vervulde en geseënde lewe as ‘n Christen. Wat egter vasstaan is dat God se Woord nog nooit, en sal ook nooit, irrelevant raak nie, ongeag veranderende tye en seisoene. En dit is beskikbaar om ons voor te berei en toe te rus om God se doel vir ons lewens te bereik.

“Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal   wees vir elke goeie werk.” 2 Timoteus 3:16-17

Die Bybel kan gesien word as ‘n intieme geskrewe uitdrukking van God, aan die mensdom, en alles wat Hy verteenwoordig. Hier onder is ‘n paar punte wat aan jou verduidelik wat dit beteken:

1 – Die Bybel is God se konkrete uitdrukking van liefde. Dit praat van sy kenmerke en karakter, sy kommunikasie en instruksies, en veral sy volle uitdrukking van liefde vir elke persoon wat nog ooit gelewe het.

2 – Die Bybel is God-geïnspireerd. Terwyl die 66 boeke van die Bybel fisies geskryf was deur baie outeurs, was elke persoon direk deur God en die Heilige Gees geïnspireer om te kon skryf wat hulle geskryf het.

3 – Die Bybel is God se gesag oor ons lewens. Omdat die Bybel God se “letters”  vir mense bevat, en omdat die geskrifte binne-in die  Bybel God-geinspireerd is, dra Sy Woord dieselfde gesag oor ons lewens as God self.

God se Woord is een van die belangrikste fondasies vir ons geestelike groei en volwassenheid in God. Om ten volle toe te laat dat die saad van God se Woord in ons lewens floreer, moet ons hierdie saad plant deur dit te lees, deur ons begrip   daarvan te ontwikkel, en deur dit in ons lewens toe te pas.

Day 1Day 3

About this Plan

Jou Beste Belegging!

Om ‘n geseënde en oorvloedige opbrengs te kry, begin met die regte belegging wat jy maak. As jy ‘n nuwe Christen is, is daar nie ‘n groter belegging wat jy kan maak in jou geloof nie as ‘n gereelde inname van die Woord van God. Dit begin hier; waar jy hulp kry om die Woord te Lees, te Verstaan en daagliks effektief Toe te Pas.

More