YouVersion Logo
Search Icon

Jou Beste Belegging!Sample

Jou Beste Belegging!

DAY 4 OF 5

“Brei Jou Kennis Uit”

Om ‘n begrip van God se Woord te ontwikkel is ‘n lewenslange taak. Dit sal nie sommer oornag gebeur nie. Maar daar is sekere benaderings wat ‘n meer volledige begrip kan bewerkstellig. Hier is ‘n paar   gedagtes:

1 – Kry gereedskap. Daar is heelwat tipes studiehulpe beskikbaar wat jou kan help om beter te kan verstaan wat jy lees.   Daar is bv. Studiebybels, konkordansies, en tematiese studiegidse, beide aanlyn en in harde kopieë.

2 – Raak betrokke by ‘n Bybelstudiespan of kleingroep, om interaksie met ander Christene te kan hê en waar te neem hoe ander God se Woord in hulle lewens toepas.

3 – Kry 'n leesplan. Vir diegene wat regtig ernstig is oor hulle persoonlike bybelleestyd, is daar heelwat leesplanne beskikbaar in YouVersion se  Bybel Toep, wat jou deur die hele Bybel begelei. Baie van hierdie leesplanne kan jou help om in ‘n jaar se tyd deur die hele Bybel te werk – en dit is ‘n noemenswaardige prestasie om die minste te sê.

Hoe meer tyd jy in Sy Woord spandeer, hoe beter sal jy dit kan verstaan. En soos jy vorder, sal jy ook vind dat God jou sal help om presies dít te verstaan wat jy móét weet vir die seisoen van die lewe waarin jy is.

Day 3Day 5

About this Plan

Jou Beste Belegging!

Om ‘n geseënde en oorvloedige opbrengs te kry, begin met die regte belegging wat jy maak. As jy ‘n nuwe Christen is, is daar nie ‘n groter belegging wat jy kan maak in jou geloof nie as ‘n gereelde inname van die Woord van God. Dit begin hier; waar jy hulp kry om die Woord te Lees, te Verstaan en daagliks effektief Toe te Pas.

More