YouVersion Logo
Search Icon

Lydenstyd Reis - Water in Die WoestynSample

Lydenstyd Reis - Water in Die Woestyn

DAY 32 OF 40

WEES BLY SAAM MET  HULLE WAT BLY IS

“... wees bly saam met dié wat bly is, en treur saam met dié wat treur.”  – Romeine 12:15

Die monnik wat die welvaart en vooruitgang van ander met vreugde op sy hart dra, asof dit sy eie is, is 'n gelukkige mens. -Evagrius

Die monnik waarna Evagrius verwys is iemand wat hom toegewy het aan gebed. Hy sê hierdeur dat gebed ons verhoudings transformeer. Dit is interessant dat Evagrius nie sê dat hy huil saam met die wat huil nie, iets wat soms makliker kom as om bly te word saam met die wat bly is. Hy sê dus dat die monnik deur sy gebed en toewyding aan God, op ’n plek gekom het waar hy diepe vrede met God ervaar. Dit is ’n plek waar hy nie meer in kompetisie met ander is nie en hom nie meer met ander vergelyk nie. Paulus sê in 2 Korintiërs 10:12b: “Hulle is dom: hulle meet hulleself aan hulle eie maatstaf en vergelyk hulleself met hulleself ” en in Galasiërs 5:26 sê hy: “Ons moenie verwaand wees, mekaar uittart of op mekaar afgunstig wees nie.” Ek vergelyk my nie en is nie bly as ek ”voor” is of beter doen as ander nie. Dit is ’n teenoorgestelde gees as die kritiese gees waarin ons dikwels funksioneer wanneer ons net in ander mense probeer fout soek. Wat maak ons enigsins beter? Dit is ware nederigheid wat bly word om te sien dat ander beter of verder is as wat jy is. Gebed bevry ons van kompetisie en bring vryheid sodat ander mense toegelaat kan word om te wees wie hulle regtig is. Om bly te wees saam met ander oor hulle voorspoed, sukses of geluk is ’n teken van geestelike vryheid; ’n vryheid wat slegs deur gebed verkry kan word.

GEDAGTE VIR DIE DAG

“Moenie aandag gee aan die foute van ander nie, en moenie jouself probeer vergelyk met ander nie, wees bewus daarvan dat jy minder as enige geskape ding is.” – Abba John die Dwerg

VIR NADENKE

Dink na oor jou verhoudings. Vra God om sy lig op jou verhouding met ander mense te skyn. Was daar iemand op wie jy vandag afgunstig was of teenoor wie jy minderwaardig voel? Praat met God hieroor. Gee hierdie gevoelens vir Hom en laat dit gaan. Vra vir genade om bevry te word van die begeerte om jouself met ander te vergelyk. Vra Hom om jou die vermoë te gee om jouself met die vreugde en hartseer van ander te kan vereenselwig.

Scripture

Day 31Day 33

About this Plan

Lydenstyd Reis - Water in Die Woestyn

Hierdie leesplan sal jou op 'n geestelike reis begelei tydens die 40 dae van die Lydenstyd. Ons volg Jesus die woestyn in. Die woestyn is ’n plek van voorbereiding, beproewing, afsondering, stilte, uitdaging, herskepping, ontdekking en ontmoeting (met jouself en met God). Ons reis oor hierdie 40-dae Lydenstyd met die wysheid van die vroeë Christene wat welbekend was met die woestynlewe.

More