YouVersion Logo
Search Icon

Lydenstyd Reis - Water in Die WoestynSample

Lydenstyd Reis - Water in Die Woestyn

DAY 25 OF 40

LAAT GAAN

“... skud die stof van julle voete af.” – Jesus (Matteus 10:14)

Abba Pambo het vir Abba Antonie gevra: “Wat behoort ek te doen?” en die ou man het gesê: “Moenie op jou eie geregtigheid vertrou nie, moenie oor iets tob as dit klaar gedoen is nie, maar beheer jou tong en jou maag.”

Abba Antonie se raad was dat ons nie op ons eie geregtigheid moet vertrou nie. Ons moet dus nie te veel dink van ons eie toewyding, opoffering en ons eie goedheid nie, want dit kan ons onbewus laat oor ons eie skaduwee, ons eie swakheid en ons eie uitdagings. Aan die ander kant waarsku hy ons egter ook om onsself te weerhou van obsessiewe selfondersoek of om met trots te kyk hoe ver ons dalk al op die pad gegaan het, en om alles te laat vaar wat ons alreeds verkeerd gedoen het, “moenie oor iets tob as dit klaar gedoen is nie”. Sy raad is dus dat ons geheel en al net op God se genade moet staatmaak vir ons eie goedheid en dat ons onsself moet vergewe vir alles wat ons verkeerd gedoen het, en dit dan laat vaar.

Dit was natuurlik ook Jesus se raad dat ons nie moet vashou aan dít wat ons aangedoen is nie. As ons by ’n plek kom en ons word verwerp, dan is sy raad om die stof van ons voete af te skud. Miskien is dit ’n goeie oefening om net jou skoene uit te trek, die stof af te skud, en te sê: “Ek laat dit nou hier agter, nou beweeg ek aan en ek maak nie meer staat op my eie geregtigheid nie.”

GEDAGTE VIR DAG

Ek laat dit gaan en beweeg aan.

VIR NADENKE

Vra die Here om in hierdie oomblik jou hart met sy genade te  ondersoek. Is daar enigiets van die verlede waaraan jy nog herinner word, iets wat aan jou vasklou of waaraan jy vashou? Is daar iemand wat jy moet vergewe? Is daar iets wat jy moet laat vaar? Vra die Here om jouself deur sy oë te sien en jou vry te maak van jou verlede, en laat dit dan alles vaar.

Scripture

Day 24Day 26

About this Plan

Lydenstyd Reis - Water in Die Woestyn

Hierdie leesplan sal jou op 'n geestelike reis begelei tydens die 40 dae van die Lydenstyd. Ons volg Jesus die woestyn in. Die woestyn is ’n plek van voorbereiding, beproewing, afsondering, stilte, uitdaging, herskepping, ontdekking en ontmoeting (met jouself en met God). Ons reis oor hierdie 40-dae Lydenstyd met die wysheid van die vroeë Christene wat welbekend was met die woestynlewe.

More