Die vrede van Kersfees Sampel

Die vrede van Kersfees

HARI KE 5 DARI 7

In diens van die Vader

Kersfees gaan oor gee. Ons hemelse Vader het sy enigste Seun gegee sodat ons gered kan word. En Maria? Maria was verloof aan Josef. Sy het besluit om haar aardse reputasie prys te gee sodat die hele wêreld gered kan word. En die jong timmerman, Josef? Hy het ook besluit om sy reputasie prys te gee toe hy met ’n swanger meisie getrou het. En die Heilige Gees? Hy het uit die hemel gekom om by ons te wees. Hy is ons Vriend, Voorspraak en Helper.

Kersfees is ’n tyd van gee, maar ons moet seker maak ons prioriteite is reg. Markus 8:36 NLV sê: “Wat sal dit jou tog help as jy alles in die lewe bereik, maar jou diepste menswees ly skade?” Fokus heel eerste op jou verhouding met jou Verlosser en Saligmaker, Jesus Christus.

Wees egter versigtig dat jy nie so hard vir die Here werk dat jou eie gesin daaronder ly nie. Jou verhouding met Jesus is jou belangrikste prioriteit, maar die belangrikste verhouding op aarde is met jou man of vrou en dan met jou kinders. Gelukkig is God groter as ons foute en tekortkominge. Ons moet mekaar liefhê en met deernis teenoor mekaar optree.

Firman Tuhan, Alkitab

Hari 4Hari 6

Tentang Rencana ini

Die vrede van Kersfees

Ons dink aan die Kind, die Seun van God, wat uit die hemel gekom het om vir ons vrede en verlossing te bring. Dit is waaroor Christenskap gaan, veral tydens die Kerstyd. Dit is nou die tyd om die Kind van Vrede te verheerlik. Onthou in hierdie tyd waaroor Kersfees eintlik gaan.

More