Die vrede van Kersfees Sampel

Die vrede van Kersfees

HARI KE 3 DARI 7

Ware geluk

Maria het Jesus Christus in ’n krip, ’n lang trog waarin kos vir diere gegooi word, neergelê. ’n Mens het nie baie nodig om gelukkig te wees nie, of hoe? Die Seun van God het ’n trog gehad as bedjie!

Jare gelede was ek in Australië. Die Australiërs is wonderlike mense. Ek het daar geleer perdry. Ek was op ’n beesplaas, maar daar was nie vir my blyplek nie en daarom het ek in die nabygeleë dorpie blyplek gaan soek. Ek kon in die mooiste hotel gebly het, want ek het genoeg geld gehad, maar ek was eensaam. Daarom het ek by een van die armste gesinne in die dorp gaan bly.

Die pa het vir die spoorweë gewerk en die ma was ’n kelnerin by ’n eetplek. Hulle het drie pragtige kindertjies gehad. Ek het op die middelste bed in die slaapkamer geslaap. Ons het dikwels een eetlepel gebakte bone en een skaaptjop gekry vir aandete. Maar die liefde in daardie huis sal ek nooit vergeet nie.

Vandag wil ek vir jou sê: "Maak tyd vir jou geliefdes. Bel daardie persoon wat eensaam is, gaan besoek hom of haar en neem kos vir mense wat niks het nie." Jesus het gesê wanneer ons dit vir mense doen, is dit asof ons dit vir Hom gedoen het (Matteus 25:40).

Firman Tuhan, Alkitab

Hari 2Hari 4

Tentang Rencana ini

Die vrede van Kersfees

Ons dink aan die Kind, die Seun van God, wat uit die hemel gekom het om vir ons vrede en verlossing te bring. Dit is waaroor Christenskap gaan, veral tydens die Kerstyd. Dit is nou die tyd om die Kind van Vrede te verheerlik. Onthou in hierdie tyd waaroor Kersfees eintlik gaan.

More