Die vrede van Kersfees Sampel

Die vrede van Kersfees

HARI KE 4 DARI 7

Ewige hoop

Jesus het gekom om ons vry te maak! Johannes 8:36 NLV sê: “As die Seun julle dus bevry, sal julle regtig vry wees.” Hy is ons Bevryder. Ja, daardie klein, weerlose baba is ons Verlosser.

In Christus is daar geen dood meer nie, net ewige lewe. Waar sonde geheers het, is daar nou oorvloedige genade op grond van wat Jesus vir ons aan die kruis gedoen het. God het uit die hemel neergedaal en mens geword sodat ons vry kan wees.

Jesus het gekom met die Gees van suiwer liefde, vergifnis, hoop en geloof en Hy wil hê ek en jy moet dit ook doen. Daar is soveel bang, siek en verlore mense in hierdie wêreld. Ons moet hulle vertel van die Baba van Betlehem en dat daar inderdaad in Hom hoop is vir die hele wêreld.

Ek sal eerder saam met Jesus in ’n roeibootjie op 'n stormsee om Kaap Hoorn vaar as wat ek sonder Jesus op ’n luukse skip is met geen golfies in sig nie. Met Jesus kan ons oorwin. Met Jesus is daar ewige hoop.

Firman Tuhan, Alkitab

Hari 3Hari 5

Tentang Rencana ini

Die vrede van Kersfees

Ons dink aan die Kind, die Seun van God, wat uit die hemel gekom het om vir ons vrede en verlossing te bring. Dit is waaroor Christenskap gaan, veral tydens die Kerstyd. Dit is nou die tyd om die Kind van Vrede te verheerlik. Onthou in hierdie tyd waaroor Kersfees eintlik gaan.

More