Die Belangrikheid Van GebedEjemplo
![Die Belangrikheid Van Gebed](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F29107%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Bid om in Christus te Bly
Lees: Johannes 15:1–8
SOAP: Johannes 15:5
Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.
Oordenking
Jesus beskryf Homself as die ware wingerdstok. Vir almal wat Hom ken, volg en in Hom glo, is Hy die wingerdstok en ons die lote wat uit die wingerdstok spruit. Hy is die bron van alles wat ons onderhou. Hy is die bron van lewe. Hy is die bron van oorvloed. Hy is die bron van ons geestelike vrug: liefde, vrede, vreugde, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.
Solank ons in Hom bly, bly ons verbind aan die wingerdstok. Ons bly in Hom deur tyd in sy Woord, tyd in gebed, en tyd in gemeenskap met ander gelowiges deur te bring. Hoe meer ons in Hom bly, hoe meer kan sy lewe deur ons vloei om die vrug wat Hy begeer, voort te bring. As daar areas in ons Christelike lewe is wat onvrugbaar is, moet ons die Here vra om in te gryp, te voed, te verfris en te vernuwe sodat nuwe groei kan plaasvind. Hy snoei, as die goeie Tuinier, die takke wat nie vrugte dra nie.
As jy oor jou geloofswandel nadink, bly jy in Christus? Is jy slegs van Jesus afhanklik om jou te onderhou? Word jou verhouding met Hom weerspieël in die vrugte wat jy voortbring?
Gebed
Here Jesus, U is die ware wingerdstok. Dankie dat U ‘n konstante bron van krag en groei in my lewe is. Here, verswak my onafhanklike geneigdheid en help my om net op U te vertrou. Wys die areas in my lewe uit wat u voeding en vernuwing nodig het en help my om daardie areas aan u sorg en snoei toe te vertrou. Amen.
Escrituras
Acerca de este Plan
![Die Belangrikheid Van Gebed](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F29107%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
As jy graag nader aan jou Verlosser wil kom deur gebed ‘n prioriteit in jou lewe te maak, dan is Die Belangrikheid van Gebed vir jou. Ons gaan tyd deurbring in God se Woord, antwoorde kry op vrae oor hoe ons moet bid, hoe om gebed ‘n prioriteit te maak en hoe God gebed verhoor. Mag God deur hierdie studie ons oë oopmaak vir die wonder en voorreg van gebed.
More
Planes relacionados
![Viviendo en Libertad, Viviendo Lleno Del Espíritu Santo](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54570%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Viviendo en Libertad, Viviendo Lleno Del Espíritu Santo
![Las Promesas Pendientes](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54766%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Las Promesas Pendientes
![21 Días De Ayuno Y Oración Con La Iglesia Transformation Church](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54265%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
21 Días De Ayuno Y Oración Con La Iglesia Transformation Church
![Criando Una Generación Que Conozca a Dios](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54662%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Criando Una Generación Que Conozca a Dios
![Salmo 19: La suficiencia de la palabra de Dios](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55023%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Salmo 19: La suficiencia de la palabra de Dios
![Pedro: Un Apóstol Con Sus Prioridades Claramente Definidas](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54767%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Pedro: Un Apóstol Con Sus Prioridades Claramente Definidas
![Avivando El Fuego](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54941%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Avivando El Fuego
![Salmo 26: La Determinación De Vivir en Integridad](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54563%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Salmo 26: La Determinación De Vivir en Integridad
![Beneficios De Leer La Palabra](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54786%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Beneficios De Leer La Palabra
![Devocional Navideño Para Niños](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54153%2F320x180.jpg&w=640&q=75)