MarkusMuestra
Lees:: Markus 7:1–30
SOAP: Markus 7:21–23
Van binne af, uit die hart van die mens, kom die slegte gedagtes: onkuisheid, diefstal, moord, owerspel, hebsug, kwaadwilligheid, bedrog, losbandigheid, afguns, kwaadpratery, hoogmoed, ligsinnigheid. Al hierdie slegte dinge kom van binne af en dit maak ’n mens onrein.
Oordenking
Ten spyte van die Fariseërs en skrifgeleerdes se pogings om Jesus vas te trek, het Hy hulle steeds uitoorlê. Hoewel hierdie manne as kenners van die wet bekend was, het Jesus vir hulle getoon dat hulle harte allesbehalwe reg was. Die Ou Testamentiese wet het die tien gebooie en 613 spesifieke saakwette ingesluit wat aan die volk Israel verduidelik het hoe hulle as God se uitverkore volk moes lewe. Om te verseker dat hierdie wette nagekom word, het die godsdiensleiers nog duisende reëls daarby geskep. Hulle het van almal verwag om hulle streng, mensgemaakte reëls na te kom.
Toe Jesus die wet verduidelik, het Hy die boosheid van hulle harte ontbloot. Die wet is deur God ingestel om sy volk uit te sonder en hulle in staat te stel om Hom te aanbid, nie om hulle met reëls te onderdruk nie. Jesus het sy gesag getoon deur hulle aandag te vestig op die bedoeling van die wet: om die ingesteldheid van die hart te openbaar. Alhoewel die godsdiensleiers die wet onderhou het, was hulle harte ver van God af.
Ons enigste sekerheid, wanneer ons ons eie harte ondersoek, is slegs in die werk van Christus. Ons eie werke kan ons nie red nie. Deur sy kruisdood het Jesus die wet vervul en ons in Hom vrygemaak van sonde.
Gebed
Here Jesus, dankie dat U die wet vervul het. Dankie dat U die onmoontlike vermag het om God se wet te onderhou en in my plek te sterf. Help my om nie wetties nie, maar in vryheid te lewe. Amen.
Escrituras
Acerca de este Plan
Die evangelie van Markus is 'n kragtige beskrywing van Jesus se lewe. Dit wys Jesus se karakter op elke bladsy, van sy gewilligheid om te ly en te dien, tot sy krag en Godheid wonderbaarlik vertoon. Met elke toneel vra die outeur: “Waar is jou geloof?” As jy daarna smag om 'n vaste geloof te hê in wie Jesus is en wat Hy kan doen, is hierdie Bybelstudie vir jou!
More