Logo de YouVersion
Ícono Búsqueda

MarkusMuestra

Markus

DÍA 18 DE 43

Lees: Markus 6:30-56

SOAP: Markus 6:49-50

Toe hulle Hom op die see sien loop, het hulle gedink dit is 'n spook. Hulle het hard geskreeu, want hulle het Hom almal gesien en groot geskrik. Maar Hy het dadelik met hulle gepraat en vir hulle gesê: “Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie.”

Oordenking

Die dissipels het geen verskoning gehad vir hulle gebrek aan geloof nie. Hulle het gesien hoe Jesus baie siekes genees, demone verdryf, ‘n storm stilmaak, met gesag onderrig en die middagete van ‘n jong seun vermeerder om duisende mense te voed. Self het hulle ook demone uitgedryf, siek mense genees en Jesus se boodskap verkondig. 

Alhoewel hulle saam met Jesus gewandel het, was die dissipels se harte verhard. Hulle het nie verstaan wie Hy was nie, ondanks alles wat hulle gesien het. Diegene wat Hom een wonderwerk sien doen het, het geglo dat Hy nog baie meer kon doen, maar diegene wat elke dag by Hom was, het verharde harte gehad.

Jesus het voortgegaan om Homself aan die dissipels te openbaar, selfs in hulle gebrek aan geloof, misverstand en verharde harte. Dit kan maklik wees om krities na die dissipels te kyk, maar ons lewens is baie meer soos hulle s’n as dié wat geglo het dat Jesus kon genees, bloot met ‘n aanraking van sy klere. Soos ons voortgaan om te ontdek wie Jesus is, mag ons oë oopgemaak word om te weet wanneer ons groter geloof moet hê. 

Gebed

Here, ek sukkel met vrees en twyfel. Ek is bang dat u nie die nodige sal voorsien of op die regte tyd tot my redding sal kom nie. Help my om te onthou U is naby my en dat ek geen rede het om te vrees nie. Amen.

Día 17Día 19

Acerca de este Plan

Markus

Die evangelie van Markus is 'n kragtige beskrywing van Jesus se lewe. Dit wys Jesus se karakter op elke bladsy, van sy gewilligheid om te ly en te dien, tot sy krag en Godheid wonderbaarlik vertoon. Met elke toneel vra die outeur: “Waar is jou geloof?” As jy daarna smag om 'n vaste geloof te hê in wie Jesus is en wat Hy kan doen, is hierdie Bybelstudie vir jou!

More