MarkusMuestra
Lees: Markus 8:34–9:29
SOAP: Markus 9:7
Daar het toe ‘n wolk gekom wat sy skaduwee oor hulle laat val het; en uit die wolk het daar ‘n stem gekom: “Dit is my geliefde Seun. Luister na Hom.”
Oordenking
Markus gaan voort om die vraag wie Jesus is, deurlopend in sy weergawe van die evangelie te beantwoord. Jesus se verheerliking was ‘n opvallend persoonlike gebeurtenis. Jesus het nie eens toegelaat dat al twaalf van sy dissipels dit aanskou nie, net Petrus, Jakobus en Johannes. Agterna het Hy hulle beveel om vir niemand voor die bestemde tyd te vertel wat hulle gesien het nie.
Gelukkig kan ons nou van hierdie gebeurtenis lees en dit verstaan (ten minste iets daarvan). God die Vader het Jesus se identiteit op die berg bevestig. Hy het bevestig dat Jesus sy enigste Seun is wat met die goddelike doel gestuur is om die prys vir ons sonde te betaal. Watter voorreg moes dit nie vir Petrus, Jakobus en Johannes gewees het om hierdie oomblik te aanskou nie!
Vandag kan ons, omdat hierdie ongelooflike gebeurtenis aangeteken is, met sekerheid weet wie Jesus is: die Seun van God. Namate ons in ons geloof groei, kan ons seker wees van sy goddelikheid. Hy is nie ‘n profeet wat wonderwerke verrig het nie. Hy is die Skepper en Onderhouer van alle lewe. Hy is die Een wat ons red van die dood. Hy is die Seun van God. Hy verdien die hoogste eer, trou en lof.
Gebed
Here, ek verloor dikwels u heiligheid uit die oog. Help my om u heerlikheid te sien. Gee my ‘n dieper begeerte om U te volg, U te eer en U te loof vir wie U is. Amen.
Escrituras
Acerca de este Plan
Die evangelie van Markus is 'n kragtige beskrywing van Jesus se lewe. Dit wys Jesus se karakter op elke bladsy, van sy gewilligheid om te ly en te dien, tot sy krag en Godheid wonderbaarlik vertoon. Met elke toneel vra die outeur: “Waar is jou geloof?” As jy daarna smag om 'n vaste geloof te hê in wie Jesus is en wat Hy kan doen, is hierdie Bybelstudie vir jou!
More