Logo de YouVersion
Ícono Búsqueda

MarkusMuestra

Markus

DÍA 25 DE 43

Lees: Markus 10:1–31 

SOAP: Markus 10:27 

Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik maar nie vir God nie, want vir God is alles moontlik.” 

Oordenking 

'n Ryk man wou die ewige lewe hê. Die man het die wet onderhou, maar hy het geweet dat daar iets ontbreek. Jesus het hom aangesê om sy besittings te verkoop, dit aan die armes te gee en Hom te volg. Die man kon dit nie doen nie. Hy het sy vertroue in sy rykdom en besittings geplaas.

Toe sy dissipels Hom hieroor uitvra, het Jesus verduidelik waarom dit vir 'n ryk persoon moeilik is om in die koninkryk van God in te gaan. Moedeloos het die dissipels gevra: "Wie kan dan gered word?"

Dit is onmoontlik vir enigiemand, nie net die rykes nie, om die koninkryk van God binne te gaan sonder God se ingryping. Toe Jesus in Markus 10:27 gesê het: “Vir God is alles moontlik”, het Hy gesinspeel op die weg van redding. Vanweë Jesus, is redding vir almal beskikbaar. Ons hoef nie 'n stel reëls te volg nie. Al wat Hy vra, is dat ons ons geloof in Hom moet plaas. Ons harte kan slegs deur sy krag verander word. Geen hart is so verhard dat Hy dit nie kan verander nie. Wat 'n groot hoop het ons in Jesus, die Een wat bereid was om vir ons sondes te sterf en ons harte te verander sodat ons die ewige lewe saam met Hom kan hê.

Gebed 

Here, U alleen kan harte verander. Verander my hart elke dag sodat ek meer soos U kan word. Verander die harte van hulle na aan my, wat U nie ken nie. Ek weet U kan die onmoontlike doen. In u Naam alleen. Amen.

Día 24Día 26

Acerca de este Plan

Markus

Die evangelie van Markus is 'n kragtige beskrywing van Jesus se lewe. Dit wys Jesus se karakter op elke bladsy, van sy gewilligheid om te ly en te dien, tot sy krag en Godheid wonderbaarlik vertoon. Met elke toneel vra die outeur: “Waar is jou geloof?” As jy daarna smag om 'n vaste geloof te hê in wie Jesus is en wat Hy kan doen, is hierdie Bybelstudie vir jou!

More