MarkusMuestra
Lees: Markus 11:15–33
SOAP: Markus 11:24–25
Daarom sê Ek vir julle: “Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees. En wanneer julle staan om te bid, en julle het iets teen iemand, vergewe hom; dan sal julle Vader wat in die hemel is, julle ook julle oortredings vergewe.”
Oordenking
’n Vyeboom het oornag verdroog nadat Jesus dit vervloek het. Toe Petrus dit noem, het Jesus gesê: “Vertrou op God,” ’n skynbaar onverwagse reaksie op die situasie. Jesus se reaksie was egter gepas. Hy het jare saam met sy dissipels gewandel en aan hulle sy krag en gesag, wie Hy was en wat Hy kon doen, gewys. Hy het vir hulle gewys as hulle geloof het, hulle ook wonderbaarlike dinge deur gebed kan doen.
“Vertrou op God” is ’n noodsaaklike opdrag vir alle Christene. As ons bid, antwoord God volgens die maatstaf van ons geloof. As ons glo dat Hy ons sal antwoord, antwoord Hy wel. Hy gee ons nie altyd waarvoor ons vra nie, maar Hy antwoord inderdaad altyd.
Gebed is kragtig. Ons geloof is kragtig. God werk kragtig deur ons wanneer ons bid. Ons kan vertrou dat daar krag in ons gebede is wanneer ons iets in geloof vra. Ons kan verwag dat God sal optree. Alhoewel sy wil nie ons wil is nie en sy tyd nie ons tyd is nie, sal Hy altyd antwoord.
Gebed
Here, dankie dat U my toelaat om U in gebed te nader. Help my om te volhard en met groot geloof te bid. Ek glo dat U my sal antwoord. Ek verwag dat U, op kragtige maniere, sal optree in my beste belang en tot eer van u Naam. Amen.
Escrituras
Acerca de este Plan
Die evangelie van Markus is 'n kragtige beskrywing van Jesus se lewe. Dit wys Jesus se karakter op elke bladsy, van sy gewilligheid om te ly en te dien, tot sy krag en Godheid wonderbaarlik vertoon. Met elke toneel vra die outeur: “Waar is jou geloof?” As jy daarna smag om 'n vaste geloof te hê in wie Jesus is en wat Hy kan doen, is hierdie Bybelstudie vir jou!
More