Logo de YouVersion
Ícono Búsqueda

Lydenstyd Reis - Water in Die WoestynMuestra

Lydenstyd Reis - Water in Die Woestyn

DÍA 30 DE 40

MAAK EERS REG

“As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het, laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder” – Matteus 5:24

As jy begeer om te bid soos jy moet, moet jy niemand anders laat hartseer voel nie, anders hardloop jy verniet. – Evagrius

Evagrius se idee is dat 'n verhouding met God glad nie losgemaak kan word van ons verhouding met ander mense nie. Dit stem ooreen met die onderrig van Jesus wat gesê het dat ons nie kan bid as ons nie met ander regmaak nie. Hy sê dat wanneer ons iemand seergemaak het en ons probeer bid, sal ons nie suksesvol wees nie. Die persoon, of situasie waarin die persoon seergekry het, sal binne-in ons opkom en ons sal gedurig daaraan dink, of ons sal probeer om dit heeltemal uit ons gedagtes uit te stoot en so ons hart verhard. Hierdie hardheid maak ons ook geslote vir die Here. Voordat ons nie ons hart sagmaak en regmaak nie, kan ons nie bid nie. Die woestynvaders het ’n reputasie gehad vir hul asketiese vermoëns, maar dit was slegs ’n manier tot ’n doel: om lief te kan hê. Kluisenaarskap het vir hulle niks beteken tensy dit aan hul medemens gekoppel was nie. Thomas Merton skryf oor die woestynvaders se geestelikheid en sê dat liefde vir andere prioriteit oor hul askese geniet het: “Liefde is in der waarheid die geestelike lewe en sonder dit sal al die ander geestelike beoefening leeg wees en illusies word.” Ons geestelikheid is dus leeg en ’n illusie as ons nie eers met ander versoen nie. John Donne het gesê: “Niemand is 'n eiland nie; elke mens is 'n stukkie van die wêreld, 'n deeltjie van die geheel.” Dit is saam met ander mense en in harmonie met hulle dat ons geestelik nader aan God groei.

Iemand het vir een van die oudstes gevra wat nederigheid is en hy het gesê: "As jy iemand wat jou seergemaak het vergewe nog voor hy jou om vergifnis vra.

GEDAGTE VIR DIE DAG

Jou verhouding met God kan nie losgemaak word van jou harmonie met ander nie.

VIR NADENKE

Is daar ’n verhouding wat herhaaldelik in jou gedagtes opkom wanneer jy probeer bid? Wat dink jy probeer God deur hierdie gedagtes aan jou te kommunikeer? Watter gevoel bring dit in jou? Skenk aandag aan hierdie gedagtes en gevoelens, gee dit vir God en praat met Hom daaroor. Vertel Hom hoe jy voel en vra Hom hoe jy dinge kan regmaak.

Escrituras

Día 29Día 31

Acerca de este Plan

Lydenstyd Reis - Water in Die Woestyn

Hierdie leesplan sal jou op 'n geestelike reis begelei tydens die 40 dae van die Lydenstyd. Ons volg Jesus die woestyn in. Die woestyn is ’n plek van voorbereiding, beproewing, afsondering, stilte, uitdaging, herskepping, ontdekking en ontmoeting (met jouself en met God). Ons reis oor hierdie 40-dae Lydenstyd met die wysheid van die vroeë Christene wat welbekend was met die woestynlewe.

More