Oswald Chambers: Hoop - ‘n Heilige Belofte Voorbeeld

Die verruklike prag van ‘n bergtoneel; die eindelose spasies bo die hoë bergpieke, die sneeubedekte bergpiek, en die ruwe rante wat eindig in plantegroei en prag wat deur die hele vallei strek, verteenwoordig ‘n simbool van alles wat hoog, verhewe en inspirerend is. Spoedig besef ons die beperkings, nie nét van die fisiese lewe nie, maar ook die innerlike lewe; die herinnering aan die berge en die bergkruinervarings, wat ons dan met verlange vul. Dit herinner ons aan die lied van die Psalmdigter: “Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom?” En die Psalmdigter se antwoord: “My hulp kom van die Here wat die hemel en aarde gemaak het!”
Hier is die wese van geestelike waarheid. In ons soeke na hoop kyk ons nie na die groot dinge wat God gedoen het nie, ook nie na die edele heiliges en die edele lewens wat Hy gemaak het nie, maar ons kyk na God self vir ons hoop.
Oordenkingsvrae: Watter persoonlike beperkings – fisies, geestelik of emosioneel – maak my droefgeestig? Wat hoop ek om vir God te doen wat ek dink meer krag verg as wat Hy vir my kan te gee?
Aanhalings uit: "The Place of Help", © Discovery House Uitgewers

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hoop: ‘n Heilige Belofte, is ‘n inspirerende skatkis van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Chambers sal jou inspireer en uitdaag met sy eenvoudige en direkte Bybelse wysheid.
More
We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org