Oswald Chambers: Hoop - ‘n Heilige Belofte Voorbeeld

“As jy aan Jesus gehoorsaam is, sal jy ‘n lewe van vreugde en genot beleef.” Wel, dit is nie waar nie. Jesus het aan sy dissipels gesê: “Kom ons gaan oor na die ander kant van die meer toe,” en hulle beland toe in die grootste storm wat hulle nog ooit beleef het. Jy sê dalk: “As ek nie aan Jesus gehoorsaam was nie, sou ek nie nou in hierdie moeilike situasie gewees het nie.” Presies. Die versoeking is daar om te sê: “God kon nooit vir my gesê het om daarheen te gaan nie. As Hy my gestuur het, sou dit nooit gebeur het nie.” Ons ontdek dan ons gaan óf God se integriteit vertrou óf eerder na ons eie skeptiese gedagtes luister.
“Die offer wat U wil hê, o God, is verootmoediging” (Psalm 51:19) – dié van ‘n gees wat God met groot vergifnis verbly het. Die kenmerk van daardie tipe gebroke hart is dat die gelowige nie deur storms ontstel word of van stryk gebring word deur verlies nie, omdat hy vertroue in God het.
Oordenkingsvrae: Wanneer dinge verkeerd loop, sien ek dit as ‘n teken dat ek verkeerd was oor God se leiding of oor God se liefde? Is ek bereid om te aanvaar dat nie een van die twee dalk waar is nie? Watter beter verduideliking is daar?
Aanhalings uit: "He Shall Glorify Me" en "Notes on Jeremiah", © Discovery House Uitgewers

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hoop: ‘n Heilige Belofte, is ‘n inspirerende skatkis van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Chambers sal jou inspireer en uitdaag met sy eenvoudige en direkte Bybelse wysheid.
More
We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org