LUKAS 8:22-25

LUKAS 8:22-25 AFR83

Op 'n dag het Jesus en sy dissipels in 'n skuit geklim en Hy het vir hulle gesê: “Kom ons gaan na die oorkant van die meer toe.” Hulle vaar toe weg, en terwyl hulle seil, raak Jesus aan die slaap. 'n Hewige stormwind het op die meer losgebars en die skuit het vol water begin word sodat hulle in lewensgevaar was. Hulle gaan toe na Jesus toe en maak Hom wakker met die uitroep: “Meneer, Meneer, ons vergaan!” Toe staan Hy op en bestraf die wind en die golwe. Hulle het bedaar, en daar het stilte gekom. Toe sê Jesus vir hulle: “Waar is julle geloof dan?” Maar hulle was verskrik en verbaas en het vir mekaar gesê: “Wie is Hy tog? Hy gee bevele aan wind en water, en hulle is aan Hom gehoorsaam!”