Oswald Chambers: Hoop - ‘n Heilige Belofte Voorbeeld

Die ware aard van ‘n mens se hart is een van verwagting en hoop. Dit is die hart wat deur God versterk word. (Psalm 73:26) Jesus Christus het gesê dat Hy gekom het om "die wat verbrysel is van hart, te genees". Die wonder van die inwonende Gees van God is dat Hy selfs aan die wanhopige hart hoop kan gee.
Daar is ‘n verskil tussen menslike simpatie wat ons aan ‘n ontmoedigde persoon gee en dit wat die Heilige Gees vir so iemand sal doen. Ons kan langs iemand gaan sit wie se hart gebreek is en hom oorlaai met ons simpatie, aan hom vertel hoe jammer ons vir hom is, hom vertel van ander mense met gebroke harte; maar dit alles maak hom net nog meer gebroke. Wanneer die Here simpatiseer met dié wie se hart deur sonde of verdriet gebreek is, verbind Hy die hart en maak dit nuut en die verwagtinge van daardie hart is van dan af net op God gerig.
Oordenkingsvrae: Wat meer as simpatie hoop ek om van God te ontvang? Hoe oortref God se hoop vir my, simpatie? Hoekom sal ek tevrede wees met simpatie as ek volkome herstel kan geniet?
Aanhalings uit: "The Moral Foundations of Life", © Discovery House Uitgewers

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hoop: ‘n Heilige Belofte, is ‘n inspirerende skatkis van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Chambers sal jou inspireer en uitdaag met sy eenvoudige en direkte Bybelse wysheid.
More
We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org