Hy Noem Ons Op Ons NameVoorbeeld
Die Wolf
Dit is ʼn waarskuwing. Ons het ʼn vyand en sy hoofoogmerk is om te steel, dood te maak en te vernietig. Hy sal hom dikwels as ʼn skaap voordoen en probeer om met die kudde saam te smelt. Dit is dus uiters belangrik om die Bybel te ken en om te weet wie God is en wie Hy nie is nie. Iets kan baie maklik soos lig lyk, maar as dit nie ooreenstem met die Bybel nie, dan is dit duisternis en sal dit jou op die verkeerde pad lei. God sal nooit van jou vra om iets te doen wat buite die grense van sy woord val nie. Hy kan Homself nie weerspreek nie. Onthou dat ons vyand ʼn konkelaar is, hy is slinks en baie manipulerend. In die tuin van Eden in Genesis, toe die slang die eerste keer verskyn het, het hy vir Eva gevra: “Het God werklik gesê … ?” Hy verdraai die woord van God en plant sade van vertwyfeling.
1 Johannes 4:1 sê: “Geliefdes, moenie enigeen glo wat sê dat hy die Gees van God het nie, want daar is nou reeds baie vals profete in die wêreld, maar ondersoek elkeen, ondersoek of sy gees van God afkomstig is.” As enigiemand verward is, of duidelikheid nodig het, sê God vir ons in die Bybel dat ons Hom moet vra en Hy sal sy waarheid aan ons bekend maak (Jakobus 1:5). As ons na Jesus soek, sal ons Hom vind en ons sal herken wat van Hom af kom en wat nie van Hom af kom nie. As iemand soos ʼn skaap lyk en soos ʼn skaap optree, maar die Skrif verdraai … hardloop weg! Daar is ʼn wolf in jou kraal.
Aangaande hierdie leesplan
Mense is baie soos skape. Net soos skape het ons ʼn herder nodig om ons op die voetpaaie van die lewe te lei. Jesus is ons goeie herder. Hy noem ons op ons name, lei ons uit slawerny, kom haal ons wanneer ons verlore raak, ken ons intiem, en beskerm ons teen gevaar. Hy lei ons nie net nie, Hy het ons lief. Jesus het sy lewe vir ons afgelê. Sluit by my aan om in hierdie 5-dag leesplan, verskillende maniere te ontdek hoe Jesus ons herder is.
More